Reaksie op Covid-19 struikel uit die blokke
Reaksie op Covid-19 struikel uit die blokke

Reaksie op Covid-19 struikel uit die blokke

Namibiërs is in die donker oor waar en wanneer hulle hulself vir die siekte moet toets.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Namibiër wat saam met die Romeense egpaar wat positief vir Covid-19 getoets het, van Doha na Windhoek met Qatar Airways gereis het, is twee keer by openbare gesondheidgeriewe in Windhoek weggewys toe hy homself vir die siekte wou laat toets het.

Die man het Saterdagoggend via die nasionale uitsaaier se televisiediens gehoor die Romeense egpaar het positief vir die siekte getoets.

Volgens ’n familielid by wie hy tuisgaan, is hulle onmiddellik na die Windhoek Sentrale Hospitaal om hom weens sy reisgeskiedenis vir Covid-19 te laat toets.

Hier is hy glo deur personeel “uitgelag”.

“Hulle het gelag en grappe hieroor gemaak en gesê hy moenie naby hulle staan nie,” vertel die familielid.

Die man is vervolgens deur personeel by die hospitaal aangesê om eerder die Robert Mugabe-kliniek te besoek. Hier is hy ook nie getoets nie en is hy glo weggestuur “met ’n masker” en gesê hy en die familielid moet hulself isoleer.

Volgens die familielid het hulle Sondag die ministerie van gesondheid se noodnommer, 0800 100 100, geskakel om raad te vra en homself “aan te meld”.

“Die persoon het gevra of hy enige simptome van die siekte toon en of hy koors het. Sy temperatuur was en is egter steeds normaal. Die persoon het ook sy sitplek- en kaartjienommer gevra. Ek het verduidelik ons was by die Sentrale Hospitaal en die Robert Mugabe-kliniek, wat ons weggewys het. Die antwoord was dat ons nie getoets sal word alvorens ons enige simptome toon nie,” het die familielid gesê.

Gister het die familielid ’n private dokter gebel en die situasie verduidelik.

Die dokter het ’n Pathcare-vorm aan hom gegee wat saam met nog twee vorms van die staat ingevul moet word en vier bladsye behels.

Die private dokter het die twee vorms egter nie gehad nie.

By Pathcare, sê die familielid, kon hulle nie die praktyk binnegaan nie en moes hulle vanuit hul motor in die parkeerterrein ’n nommer skakel waarná ’n personeellid in beskermende drag die toetse hier uitgevoer het.

Dit behels die neem van ’n skraap in elke neusgat en die keel.

“Terwyl ons hier was, is vyf motors voor ons deur dieselfde toetse. Twee was regeringsvoertuie met lyfwagte wat buite gewag het.”

Volgens die familielid sal die uitslag van die toetse binne 48 uur beskikbaar wees en deur hul dokter aan hulle deurgegee word.

Die familielid sê die Namibiër is Vrydagaand deur verskeie vriende en familie terug in die land verwelkom, wat sodoende moontlik ook aan die siekte blootgestel is.

Elkeen is aangesê om hulself ook te laat toets en te isoleer.

“Een van die mense wat teenwoordig was, het haar dokter gebel. Sy het dit situasie aan die ontvangsdame verduidelik, wat gesê het sy moet haarself isoleer, maar sy moet ook ’n afspraak by die dokter maak. Dit maak mos nie sin nie!”

Volgens die familielid heers daar Babelse verwarring oor die toetse en is daar geen riglyne vir Jan Publiek oor wat hom te doen staan en waarheen om te gaan nie.

“Almal is angstig en wil net gerus gestel word, maar niemand weet wat om te doen nie. Jy wil jouself laat toets, maar jy word nie toegelaat om dit te doen nie!”

Intussen het die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, by navraag bevestig daar word op die uitslae van drie vermoedelike gevalle van die siekte gewag.

Een is van iemand uit Duitsland, die tweede van ’n trokdrywer uit Suid-Afrika en die derde van die persoon wat via Doha met Qatar Airways na Namibië gereis het.

Volgens Shangula is nie een van die mense siek of word in ’n hospitaal behandel nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.9 | EUR to NAD 19.57 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 18.04 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.04 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 429.17/OZ UP +0.12% | Copper US$ 5.09/lb UP +0.31% | Zinc US$ 3 185.80/T UP 1.81% | Brent Crude Oil US$ 83.47/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 1 056.30/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.9 | EUR to NAD 19.57 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 18.04 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.04 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 429.17/OZ UP +0.12% | Copper US$ 5.09/lb UP +0.31% | Zinc US$ 3 185.80/T UP 1.81% | Brent Crude Oil US$ 83.47/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 1 056.30/OZ UP +0.61%