RCC se toekoms steeds duister

Die kabinetskomitee op tesourie het na wat verneem word aanbeveel die maatskappy word gesluit.
Karin Eloff
Catherine Sasman – Hoewel die beleërde Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) se pad vorentoe steeds nie duidelik is nie, sê mnr. Leon Jooste, minister van staatsdiensondernemings, ’n aanbeveling oor dié maatskappy se status sal “binnekort” deur die kabinetskomitee oor tesourie gemaak word.

“Dit sal steeds baie moeilik vir my wees om inligting oor die RCC te deel,” sê hy.

Meer wil hy nie sê nie, en die kabinetskomitee se voorsitter, mnr. Calle Schlettwien, ook die minister van finansies, wou ook geen kommentaar hieroor lewer nie.

Mnr. Gerson Karaerua, die RCC se waarnemende uitvoerende hoof, sê: “Ons wag steeds op ’n kabinetsbesluit.”

Baie lede van dié semistaatsonderneming sê ’n besluit sal waarskynlik aangekondig word sodra nuwe parlementslede ná 21 Maart ingehuldig word.

Intussen het die RCC die onderneming se hoofkantoor aan die Namibia Post and Telecommunications Holdings (NTPH) vir sowat N$104 miljoen verkoop om te keer dat Bank Windhoek dit terugneem.

Die valhekke by die perseel se ingang is verwyder – volgens die sekuriteitswag glo jare gelede al.

Die hoof- administrasiegebou is ontruim en word vir ’n nuwe doel opgeknap, terwyl tydelike kantore in ’n leë werkswinkel met onklaar voertuie en masjiene opgerig is.

Groot, geroeste, verouderde geel masjiene het pap bande is stille getuies van wat duidelik by die semistaatsonderneming skeefgeloop het.

Karaerua sê die RCC werk tans net aan twee padprojekte: die teerpad tussen Swakopmund en Hentiesbaai, en die tweede fase van die pad tussen Gobabis en Aminius.

Baie van die RCC se werknemers ontvang vergoeding hoewel hulle jare al tuisbly.

Die RCC is nooit onder geregtelike bestuur geplaas, wat in 2017 deur die kabinetskomitee oor algemene beleid en voorkeure voorgestel is om die onderneming te red nie.

Die Public Enterprises Annual Rankings, ’n nuwe publikasie van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) gebaseer op 21 kommersiële staatsondernemings, het die RCC 21ste op hul ranglys geplaas.

Dít omdat geen inligting oor die onderneming se finansiële prestasie vir jare beskikbaar was nie.

Die onderneming het op alle gebiede swak gevaar.

Hoewel die NPTH se reddingsboei op die nippertjie aangebied is, is dit net ’n kwessie van tyd voor die onderneming van sy probleme verlig sal word, sê die IPPR.

Die onderneming se webtuiste werk nie en die IPPR sê die laaste volledige RCC-verslag is in 2005 vrygestel.

Die enigste finansiële inspuiting wat die onderneming by die tesourie gekry het, was N$20,9 miljoen in die 1999-’2000-boekjaar – kort ná sy stigting.

Dti is nie bekend wanneer laas die RCC wins gemaak het, of belasting of dividende aan die regering betaal het nie.

Die Paaieowerheid (RA) het in die verlede padboukontrakte aan die RCC toegeken sonder ’n tenderproses, maar volgens die IPPR-verslag is hy van knoeiery beskuldig, en dat hy sy tenders aan Chinese firmas gesubkontrakteer het.

Oudwerknemers van die RCC sê die grootste fout wat met die onderneming gemaak is, was die klein bedrag wat die regering as aanvangskapitaal toegeken het.

Hulle voeg by die maatskappy sou en kon ’n wins maak indien hy nie sy tenders aan ander maatskappye gesubkontrakteer het nie.

Dié werknemers glo steeds die onderneming kan wins maak en met sy huidige twee padboukontrakte deurdruk.

Daar was die afgelope jare pogings om die onderneming te red met ’n voorgestelde herstruktureringsplan van N$400 miljoen, en later met ’n voorstel dat die RCC ’n reuse- finansiële inspuiting van sowat N$5,2 miljard kort vir die bou van die RCC-plaza vir gemengde gebruik, ’n waterfront en mariene ontwikkeling op Walvisbaai, en padbouprojekte.

Nie een van dié planne het gerealiseer nie, en die IPPR het in sy ranglysverslag gesê die kabinetskomitee oor tesourie het na wat verneem word aanbeveel die insolvente maatskappy moet gesluit word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.09/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.04% | Zinc US$ 2 912.40/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 84.18/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 977.64/OZ UP +0.35% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.09/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.04% | Zinc US$ 2 912.40/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 84.18/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 977.64/OZ UP +0.35%