Ratelslang op die dansbaan
Estelle de Bruyn - In sy begrotingsrede het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gewaarsku oor die spreekwoordelike ratelslang op die dansbaan.
Dit is ‘n waardevolle les vir almal.
Met knap ekonomiese tye en die regering wat die begroting tot op die been gesny het, maar steeds daarin geslaag het om sy kant op maatskaplike gebied te bring, sal daar in die volgende 12 maande nie ruim gelewe kan word nie.
Onnodige uitgawes aan weelde en “lekker om te hê” dinge, soos ‘n nuwe parlementsgebou en ‘n nuwe eindpuntgebou op die internasionale lughawe, sal nie realiseer nie.
Met al hoe meer internasionale lugrederye wat na Namibië vlieg, is dit duidelik dat die huidige eindpuntgebou op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako onder druk is.
In plaas daarvan om miljarde dollar te bestee, wat duidelik nie beskikbaar is nie, sal dit dalk die lughawensmaatskappy goed te staan kom om die opknapping en hertoerusting van die ou eindpuntgebou te oorweeg. Die gebou staan oënskynlik leeg en word bloot af en toe vir funksies gebruik.
Die eindpuntgebou is in die 1960’s gebou en met die struktuur skort niks nie. Dit is inderdaad ‘n mooi argitektoniese landmerk wat met vrug aangewend kan word.
Die koste om dié gebou op te knap en vir internasionale lugvaart met doeanegeriewe toe te rus, sal maar ‘n druppel in die emmer wees van wat ‘n nuwe eindpuntgebou sal kos.
Maar soos die regering moet briek aandraai met besteding, moet Namibiërs ook leer om die sente om te draai.
Inflasie vreet aan verbruikers se beursies en lewenskoste is hoog.
Jare gelede is ‘n veldtog van stapel gestuur wat gefokus het op besparing. Dit het vrugte afgewerp en ‘n kultuur waar mense geld in spaarrekenings vir maer jare weggesit het, het posgevat.
Dalk het die tyd vir so ‘n veldtog weer aangebreek.
Só sê ander:
Washington Post
24 March 2017
‘Strategic patience’ with North Korea is over.
Since President Donald Trump took office, Pyongyang has conducted two tests of missiles and another of a rocket engine. The 30-something Mr. Kim has demonstrated his capacity for reckless aggression.
The Obama administration’s strategy toward North Korea — “strategic patience” — amounted to ignoring the gathering threat. But the outgoing president appears to have warned his successor about the problem in their first post-election meeting — and Mr. Trump seems to have listened. Secretary of State, Rex Tillerson, bluntly declared that “the policy of strategic patience has ended” and that “we are exploring a new range of diplomatic, security and economic measures” — including possible military action.
What has not been tried on North Korea is the full-court economic press that was applied to Iran. It may not succeed in inducing the regime to check its nuclear ambitions. But it is the right place to start.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie