Rassie su00ea hy is Div baie verskuldig
Rassie su00ea hy is Div baie verskuldig

Rassie sê hy is Div baie verskuldig

Rugby
Die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers het beeldmateriaal op Twitter gedeel waar Rassie Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, hom lof toeswaai.
Erasmus, die afrigter toe die Bokke die Wêreldbeker-titel verlede jaar in Japan gewen het, sê baie van sy sukses kan aan De Villiers toegeskryf word nadat laasgenoemde hom by die Bokke betrek het vir die Wêreldbekertoernooi in 2011.
“Ek is hom baie verskuldig want daardie was ’n wonderlike ervaring,” sê Erasmus.
“Ek het baie by Peter geleer oor hoe hy daardie spesifieke groep bestuur het want daar was ’n klomp sterk persoonlikhede. Daar is beslis baie dinge wat ek by hom geleer het en ek probeer baie daarvan inkorporeer in wat ek tans doen.”
Erasmus gesels ook in die video oor die tyd wat hy saam met De Villiers by die Bokke deurgebring het en die wyse waarop hy sy spelers bestuur het.
Wag tot die einde om te hoor wat Erasmus te sê het oor daardie omstrede kwarteindstryd teen Australië.

KYK: https://twitter.com/PeterDeVillier5/status/1301122268517601281

FOTO
Peter de Villiers en Rassie Erasmus by die Wêreldbekertoernooi in 2011. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer