Rassie kry sy Protea-kans; Aiden gepos
Krieket
Tinus van Staden - Rassie van der Dussen is vir sy uitstekende spelpeil beloon met 'n plek in die Proteas se groep vir die eerste twee eendagwedstryde teen Pakistan later vandeesmaand.
Krieket Suid-Afrika (KSA) het gister 'n groep van 14 spelers aangewys wat in die eerste twee wedstryde in Port Elizabeth en Durban sal speel. Die groep sal vir die laaste drie wedstryde aangepas word.
Die naatbouler Dane Paterson, wat twee jaar gelede laas eendagkrieket vir die Proteas gespeel het, is ook by die groep gevoeg. Die veteraan-kolwer Hashim Amla, wat die laaste eendagreeks teen die Aussies weens 'n besering misgeloop het, is ook terug in die groep.
JP Duminy en Lungi Ngidi kon weens beserings nie oorweeg word nie, terwyl Aiden Markram, Chris Morris en Farhaan Behardien oor die hoof gesien is.
Dié trio was almal in Australië in aksie.
Van der Dussen het sy T20-buiging verlede jaar vir die Proteas gemaak en 'n vyftigtal teen Zimbabwe aangeteken. Hy was die voorste kolwer in die Mzansi-superliga, wat hy saam met die Jozi Stars gewen het.
'n Goeie vertoning teen Pakistan kan Van der Dussen (29) se kanse om die Wêreldbeker-groep te haal, 'n stewige hupstoot gee. In die laaste paar seisoene het hy hom as 'n veelsydige kolwer onderskei, wat die kolfbeurt kan begin en ook met gemak in die middelorde kan inskakel.
Hy beskik oor die vermoë om die grenstou met gemak en reëlmaat te tref, maar hy kan ook 'n meer berekende rol vertolk.
Van der Dussen het Suid-Afrika nog nie in eendagkrieket verteenwoordig nie.
Die Proteas se eendaggroep: Faf du Plessis (k), Hashim Amla, Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Imran Tahir, Heinrich Klaasen, David Miller, Dane Paterson, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Dale Steyn, Rassie van der Dussen.
Bepalings:
19 Januarie, 13:00: Port Elizabeth.
22 Januarie, 13:00: Durban.
25 Januarie, 13:00: Centurion.
27 Januarie, 10:00: Johannesburg.
30 Januarie, 13:00: Kaapstad.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie