Rand wéér in sak en as naby R15

14 June 2019 | Ekonomie
Elvira Wood – Pres. Donald Trump se kommentaar Woensdag dat hy “voel” dat daar ’n goeie kans is dat die VSA en China wél ’n handelsooreenkoms gaan sluit, het die rand in sak en as gelaat.

Dit het op R14,86 teenoor die dollar gesluit.

Vroeg Donderdagoggend het die rand steeds agteruitgeboer en verhandel teen R14,91.

Die rand het dus binne 24 uur met 26c teenoor sy Amerikaanse eweknie teruggesak.

Trump het China egter in dieselfde asem gedreig dat as ’n ooreenkoms nie onderteken word nie, sal hy wel invoertariewe op Chinese produkte wéér verhoog.

Reuters berig verder dat hoewel ontleders in ’n stadium voorspel het dat daar ’n kans is dat die Federale Reserweraad (Fed) in Junie rentekoerse in die VSA kan verlaag, dink hulle nou eerder dat dit onveranderd gelaat gaan word.

Dit kom nadat die inflasiekoers in dié land wel in Mei met 0,1% gestyg het.

’n Hoër rentekoers maak beleggings in dié land meer aantreklik en ondersteun die dollar.

Die rand het ook teenoor die Britse pond en euro teruggesak.

Dit het vroeg Donderdagoggend teen R18,92 teenoor die pond en R16,85 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 335,30 per fynons

· Platinum: $812 per ons

· Olie: $60,34 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $8 130,40/R126 094

· Ethereum: $259,61/R4 035 – Netwerk24

Soortgelyk

 

Lorriedrywer van Gobabis dood langs SA pad gevind ...

10 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - ’n Direkteur van die vervoermaatskappy Grain Carriers Namibia sal vandag op Coligny in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie die liggaam van ’n 20-jarige lorriedrywer...

Swapo kry vuur van binne

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die tandheelkundige dr. Panduleni Itula is onversetlik – hy weier om uit Swapo te bedank ondanks kritiek dat hy twee base dien.Itula...

Byna N$700 000 se kontant gebuit

10 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Samewerking tussen die polisie in die Zambezi- en die Kavango-Oosstreek het die naweek gehelp dat drie vermeende rowers binne 14 ure vasgetrek...

‘n Eeu se passie vir Namibië, sy mense ...

10 ure gelede | Gebeure

Hoofredaksie – Vandag, presies ‘n honderd jaar gelede, was daar ‘n advertensie in Republikein se susterkoerant Allgemeine Zeitung, wat die stigting van Ohlthaver & List...

Houtskool floreer in 2019

10 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese houtskoolbedryf sal vanjaar na raming sowat 200 000 ton houtskool geproduseer het. Dit is heelwat meer as verlede jaar se 120 000 ton.Terselfdertyd...

Verkiesings 2019: Tevredenheid met demokrasie

10 ure gelede | Politiek

Christie Keulder – Namibiërs se voorkeur vir demokrasie as regeringsvorm is op ‘n laagtepunt.Hierdie is ‘n sentrale bevinding van die agste rondte van Afrobarometer se...

Nog skole deel van Eduvision-projek

10 ure gelede | Onderwys

Danksy ’n skenking van N$386 419,40 deur NamPower is nog twee skole nou deel van Edugate Academy se Eduvision-projek. Die twee skole, die Senior Sekondêre...

Hoop vir Belinda

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 20 jaar ná ’n motorongeluk haar totaal verlam gelaat het, kan ’n vrou van Otjiwarongo danksy ’n gesofistikeerde operasie in...

Robots master moves, never miss a beat

10 ure gelede | Motors

Robotics is one of the world’s fastest growing fields. It has the potential to revolutionise society. There are two aspects to robotics which are of...