Rand trap steeds water
Elvira Wood – Die dollar wat sy spiere bult gee die rand grys hare.
Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R14,28 teenoor die dollar verhandel.
Reuters berig opbrengste op Amerikaanse staatseffekte wat gestyg het en onsekerheid oor Brexit het albei in die guns van die dollar getel.
“Benewens die hoër opbrengste op Amerikaanse staatseffekte ondersteun die swakker Britse pond die dollar,” sê Joekio Isjizoeki, senior valutastrateeg by Daiwa Securities in Tokio, Japan.
“Spekulante het nou ’n gulde geleentheid om die pond kort te verkoop aangesien Brexit-onderhandelinge duidelik op pad is om ’n dooiepunt te bereik.”
Die pond het Maandag erg teruggesak teenoor die dollar toe Theresa May, Britse premier, besluit het die Britse parlement gaan nou eers later oor die ooreenkoms stem.
Die rand verhandel teen R17,86 teenoor die pond en R16,17 teenoor die euro.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 244 per fynons
· Platinum: $786 per ons
· Olie: $60,90 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $3 335,66
· Ethereum: $86,54
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie