Rand steeds onrustig oor Nene
Elvira Wood – Die nuus Maandag dat Nhlanhla Nene, minister van finansies, glo vir pres. Cyril Ramaphosa gevra het om hom van sy pligte te onthef, het die rand onkant gevang.
Die rand, wat die oggend teen R14,81 teenoor die Amerikaanse dollar afgeskop het, het in ’n stadium tot bitter na aan die R15-vlak op R14,98 teenoor die dollar teruggesak.
Vroeg Dinsdagoggend verhandel die rand teen R14,86 teenoor die dollar.
Daar was Maandag uiteenlopende kommentaar oor hoekom Ramaphosa Nene se versoek moet aanvaar of van die hand wys.
Die onsekerheid oor die minister se toekoms volg nadat hy Vrydag 5 Oktober voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping erken het hy het verskeie kere met die omstrede Gupta-familie vergader. Van die vergaderings was by die Guptas se huis in Saxonwold.
Benewens die plaaslike gebeure wat die rand knou, staan die dollar ook nog internasionaal sterk. Dit keer nie net dat die rand versterk nie, maar dit plaas ook tans die goudprys onder druk.
Die goudprys het Maandag met bykans 1% tot $1 191 per fynons teruggesak. Dit verhandel vroeg Dinsdagoggend steeds op dié vlak.
Die rand verhandel teen R19,47 teenoor die Britse pond en R17,09 teenoor die euro.
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1 191 per fynons
· Platinum: $824 per fynons
· Olie: $84,39 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 621,12
· Ethereum: $229,24 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie