Rand steeds lusteloos
Elvira Wood – Die rand bly lusteloos teenoor die dollar.
Dit het Woensdagoggend vroeg op R14,34 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.
Kenners sê luidens Bloomberg die rand is op ’n kantelpunt.
Société Générale SA sê hoewel die rand die afgelope drie weke met sowat 7,3% verswak het, is daar die vooruitsig dat dit verder kan verswak sou eksterne faktore verander.
Standard Chartered meen weer die geldeenheid is onderwaardeer en kan weer verstewig.
“Die rand val in ’n kategorie van geldeenhede wat ons baie fyn dophou, maar wat baie uitdagings het,” sê Eric Robertsen, wêreldwye hoof van buitelandse-valuta-navorsing by Standard Chartered.
“Ons verwagting is dat die geldeenheid gaan verstewig, maar dit het ’n katalisator nodig,” sê hy.
Bloomberg berig van die katalisators wat die rand kan beïnvloed en wat vandeesweek bekend gemaak word, sluit werkloosheidsyfers, die handelsbalans, produsente-inflasie en die Federale Reserweraad se besluit oor rentekoerse in Amerika in.
Die gemiddelde vooruitsig van ekonome wat aan Bloomberg se peilings deelneem, is dat die rand teen die einde van die jaar op R14,75 teenoor die dollar gaan verhandel. Hulle het voorheen R13,80 voorspel.
Die rand het Woensdagoggend vroeg op R18,89 teenoor die Britse pond en op R16,87 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake só:
· Goud: $1 202 per fynons
· Platinum: $825 per fynons
· Olie: $81,78 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 393,31
· Ethereum: $211,31 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie