Rand stabiel, net soos rentekoers
Die president van die Reserwebank het Donderdagmiddag die repokoers onveranderd op 6,75% gehou.
Elvira Wood – Die rand het Donderdag baie bestendig verhandel, ondanks die Reserwebank se aankondiging oor die rentekoers.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Donderdagmiddag in Pretoria die repokoers (die Reserwebank se uitleenkoers aan banke) onveranderd gehou op 6,75%, wat beteken handelsbanke se prima uitleenkoers bly 10,25%.
Die rand het kort ná die aankondiging wel tot sowat R13,83 teenoor die dollar verswak.
Dit het egter teen sluitingstyd weer tot R13,66 teenoor sy Amerikaanse eweknie herstel.
Die rand het Vrydagoggend teen R13,69 teenoor die dollar begin verhandel. Dit het kort daarna tot sowat R13,73 teruggesak.
Dit is in pas met die vlak waarteen hy nog die heel week verhandel.
Die rand het vroeg Vrydagoggend teen R17,81 teenoor die Britse pond en R15,65 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· * Goud: $1 291,77 per fynons.
· * Platinum: $811 per ons.
· * Olie: $61,66 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 616,67
· Ethereum: $121,70 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie