Rand sak al verder terug
Elvira Wood
Theresa May, Britse premier, se besluit dat dié land se parlement nou eers gister oor Brexit gaan stem, het die pond laat les opsê en die dollar wêreldwyd 'n hupstoot gegee.
Die rand het ook sleg tweede gekom. Hy het Maandag bykans 1,5% swakker op R14,38 teenoor die dollar gesluit.
Vroeg gisteroggend verhandel hy teen R14,37 teenoor sy Amerikaanse eweknie.
Die rand het wel effens veld teenoor die Britse pond gewen.
Waar hy in 'n stadium Maandag teen R18,17 teenoor die pond verhandel het, het hy vroeg gisteroggend tot R18,08 verstewig.
Benewens die dollar, het die goudprys ook baie baat gevind by die onsekerheid wat tans in markte heers. Goud verhandel vroeg gisteroggend reeds meer as 1,5% hoër vir die dag teen US$1 245 per fynons.
Goud het laas in Julie teen meer as US$1 240 per fynons verhandel.
Die rand verhandel teen R16,33 teenoor die euro.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
• Goud: US$1 245 per fynons
• Platinum: US$782 per ons
• Olie: US$60,09 per vat
Digitale geld
• Bitcoin: US$3 400,56
• Ethereum: US$89,27 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie