Rand op agtervoet aan begin van groot week
Elvira Wood – Die rand het wat ’n besige week vir markte gaan wees behoorlik op die agtervoet begin.
Hy het vroegoggend teen R14,45 teenoor die dollar verhandel.
Groot gebeure wat die rand dié week kan ontstel, is die Reserwebank se besluit Donderdag oor rentekoerse en die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) s’n Vrydag oor die land se kredietgradering.
Gardner Rusike, S&P se hoofontleder vir Suid-Afrika, was op 9 April op S&P se jaarlikse konferensie in
Rosebank, Johannesburg, optimisties oor hul vooruitsig vir die land. Hy het tóé gesê dat inflasie binne die Reserwebank se teikenband bly en dat die onafhanklikheid van Suid-Afrika se regbank goeie nuus vir die land se kredietgradering is.
S&P hou sy kredietgraderingsvooruitsig vir Suid-Afrika op stabiel. Sy gradering is BB, wat twee vlakke onder beleggingsgraad is.
Die rand het vroeg Maandagoggend teen R18,36 teenoor die Britse pond en R16,08 teenoor die euro verhandel.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 276,63 per fynons.
· Platinum: $822 per ons.
· Olie: $73,19 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $8 053,59
· Ethereum: $254,92 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie