Rand nie hier óf daar voor nuus oor rente
Elvira Wood – Die rand markeer duidelik tans die pas weens internasionale gebeure, maar ook in afwagting van plaaslike gebeure.
Die Reserwebank maak Donderdag sy jongste besluit oor rentekoerse bekend terwyl die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Services Vrydagaand sy besluit oor die land se kredietgradering bekend maak. Daarby kondig pres. Cyril Ramaphosa na verwagting oor die naweek sy nuwe kabinet aan.
Reuters berig die dollar handhaaf steeds sy stewige pas internasionaal. Dit het die rand Woensdagoggend bykans onveranderd op R14,41 teenoor sy Amerikaanse eweknie laat verhandel. Dit is net 1c swakker as die R14,40 waarop hy die week Maandagoggend afgeskop het.
Die rand het vroeg Woensdagoggend ook bykans onveranderd teen R18,33 teenoor die Britse pond en R16,08 teenoor die euro verhandel.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 273,25 per fynons
· Platinum: $811 per ons
· Olie: $71,68 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $7 955,94/R120 802
· Ethereum: $258,70/R3 926 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie