Rand lu00f3u00f3p nadat SA rommelstatus vryspring
Rand lu00f3u00f3p nadat SA rommelstatus vryspring

Rand lóóp nadat SA rommelstatus vryspring

Die rand het oombliklik begin versterk ná Standard & Poor''s Global Ratings (S&P) se grade­ringsaankondiging Vrydagaand.
Ronelle Rademeyer
Hanlie Stadler - Standard & Poor's Global Ratings (S&P) het Vrydagaand aangekondig dat hy Suid-Afrika nié tot rommelstatus afgradeer nie.

Die kredietgradeerder het staat­skuld in buitelandse geldeenhede onveranderd op die laagste beleggingsgraad gehou.

S&P het wel sy gradering van staat­skuld in rand, wat drie vlakke bo rommelstatus was, met een trappie tot BBB afgegradeer. Dit is dus steed­s twee trappe bo niebeleggingsgraad oftewel rommelstatus.

Die vooruitsig vir die gradering bly onveranderd op negatief.

S&P was die laaste gradeerder wat sy besluit aangekondig het. Fitch Ratings het verlede week sy gradering onveranderd gelaat net bo rommel en Moody''s Investors Service het besluit om geen graderingsbesluit te neem nie, wat beteken staatskuld bly twee trappe bo rommel.

Die rand het oombliklik begin versterk en teen 20:45 op R13,78 teenoor die dollar verhandel nadat dit Vrydag ''n laagtepunt van R14,17 gehaal het.

S&P sê die land se behoefte aan finansiering het met baie meer gestyg as wat in Junie voorsien is. Staatskuld gaan van 2016-'18 tot gemiddeld 4,9% van die bruto binnelandse produk (BBP) styg en bruto skuld sal in 2019 54% van die BBP wees. Vantevore is geraam dat dit 4,1% sou wees.

“Ons glo ook dat politieke gebeure die aandag van hervorming afgetrek het wat groei kan bevorder, terwyl lae BBP-groei die land se ekonomiese en fiskale prestasie en algehele skuldvoorraad beïnvloed.”

Aan die positiewe kant het S&P lof vir die land se sterk instellings, soos die regstelsel en Reserwebank, en vir die tesourie se verbintenis tot “geleidelike fiskale konsolidasie”.

Aan die negatiewe kant sê S&P die hervormings wat die staat geïdentifiseer het om groei aan te moedig, word baie “broksgewys” in werking gestel. Veral die arbeid- en mynbouhervormings (soos die minimum loon en Mynbouhandves) wat draal, word uitgesonder.

“Die land se langdurige vaardigheidstekort en negatiewe ruilvoet verduidelik ook die swak groei, sowel as die korporatiewe sektor se huiwerigheid om te investeer, ondanks hoë winsgrense en hul groot bedrae kontant.”

S&P verwag nou effens laer ekonomiese groei van 0,5% vir 2016 – dieselfde as die tesourie – en van 1,4% vir 2017. In Junie is 0,6% en 1,5% onderskeidelik voorspel.

S&P sê voortslepende spanning – onder meer om die kop van Pravin Gordhan, minister van finansies – ­ondermyn beleggersvertroue en wisselkoerse.

S&P noem weer dat hy bekommerd is oor die risiko''s wat Eskom, die padagentskap Sanral en die Suid-Afrikaanse Lugdiens vir die fiskus inhou.

S&P sê Suid-Afrika sal in 2017 ­afgegradeer word as ekonomiese groei verder verswak of as politieke inmenging die regering se beleid beïnvloed.

Die vooruitsig kan in stabiel verander word as beleid in werking gestel word wat sakevertroue verbeter en groei aanmoedig.

Geen melding word gemaak van ''n opgradering nie, wat beteken die hekkie om dít te bereik, is baie hoog.

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer