Rand klim met baie goeie voet uit die bed
Elvira Wood – Die rand het Maandagoggend duidelik met die regte voet uit die bed geklim.
Die geldeenheid het vir die eerste keer in ’n week weer teen onder R14 teenoor die dollar verhandel.
Hy het vroegoggend vir ’n oomblik teen R13,97 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel voor hy weer effens tot R14,03 teruggesak het.
Reuters berig die dollar is onder druk nadat die Federale Reserweraad (Fed) gewaarsku het hy is bekommerd oor die vooruitsig vir wêreld ekonomiese groei.
Dit het beleggers laat wonder oor óf die Fed by sy planne gaan hou om rentekoers in die VSA aan te hou verhoog.
Die verwagting is dat die Fed die Amerikaanse rentekoers in Desember en dan weer twee keer vóór Junie 2019 gaan verhoog.
Wat betref die Britse pond, waarteen die rand óók verstewig het, berig Bloomberg dat beleggers nie baie vertroue in dié geldeenheid het nie.
Daar is baie onsekerheid oor presies wat met Brexit gaan gebeur.
Dié onsekerheid het druk op die pond geplaas.
Die rand het Maandaggend vir die eerste keer sedert 9 Augustus 2017 vir ’n oomblik teen onder die R18-vlak teenoor die pond gebreek.
Hy verhandel vroegoggend teen presies R18,00 teenoor die dollar.
Hy het ook spiere teenoor die euro gebult en ook deur die R16-vlak gebreek.
Hy het vroegoggend ook teen presies R16,00 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1 220 per fynons
· Platinum: $843 per fynons
· Olie: $67,29 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $5 493,71
· Ethereum: $168,11
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie