Rand kan nie die pas volhou
’n Senior valutahandelaar waarsku die rand gaan dié week waarskynlik baie wisselvallig wees.
Elvira Wood – Die rand kon nie Maandag die pas volhou en onder drie sleutelvlakke bly wat hy die oggend behaal het nie.
Waar die rand in ’n stadium vir die eerste keer in maande tot onder die R14-vlak teenoor die dollar, die R18-vlak teenoor die Britse pond en die R16-vlak teenoor die euro verhandel het, het hy voor sluitingstyd weer teruggesak en bo al drie dié vlakke verhandel.
Vroeg Dinsdagoggend sou ’n dollar jou R14,09 kos, ’n pond R18,11 en ’n euro R16,13.
André Botha, senior valutahandelaar by TreasuryOne, waarsku dat die rand dié week waarskynlik baie wisselvallig gaan wees.
“Die waarde van die rand word die afgelope tyd deur een ding beïnvloed en dit is die Amerikaanse dollar,” sê hy.
Hy voorspel dat dit dié week steeds die geval gaan wees.
Die Reserwebank se besluit Donderdag oor rentekoerse kan egter ’n groot invloed op die geldeenheid hê.
“Die mark het teenstrydige vooruitsigte oor wat die bank gaan besluit, gegewe hoe amper rentekoerse laas verhoog is teenoor waar Suid-Afrika hom tans bevind.
“Ons verwag dat die rand teen Donderdag baie wisselvallig gaan verhandel gegewe die onsekerheid.”
Met die hulpbronne staan sake so:
· Goud: $1 222 per fynons
· Platinum: $852 per fynons
· Olie: $66,52 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $4 677,02
· Ethereum: $143,89 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie