Rand hou dollar fyn dop
Rand hou dollar fyn dop

Rand hou dollar fyn dop

Elvira Wood – Die rand trek steeds voordeel uit die Amerikaanse dollar wat onder druk is.

Reuters berig met beleggers wat optimisties is dat die VSA en China wél binnekort ’n handelsooreenkoms gaan sluit én kommer oor werkloosheidsyfers wat Vrydag bekend gemaak word, bly die dollar maar lusteloos.

Die VSA maak baie staat op die werkloosheidsyfers as aanduiding teen watter pas die ekonomie groei.

Die rand het vroeg Donderdagoggend teen R14,13 teenoor die dollar verhandel.

Dit is nie net die rand wat voordeel uit die huidige gebeure trek nie, maar ook die goudprys.

Goud verhandel teen $1 292,63 per fynons.

Dit is ’n beduidende verbetering teenoor die $1 285 per fynons waarteen dié edelmetaal aan die begin van April verhandel het.

Die rand verhandel vroegoggend teen R18,62 teenoor die Britse pond en R15,89 teenoor die euro.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

· Goud: $1 292,63 per fynons.

· Platinum: $874 per ons.

· Olie: $69,22 per vat.

Digitale geld

· Bitcoin: $5 004,30

· Ethereum: $162,46 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-05-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer