Rand haak steeds vas
Elvira Wood - Die rand hou aan om na aan die R13,30-vlak teenoor die dollar te dobber.
Die rand het vroeg gisteroggend teen R13,27 teenoor die dollar verhandel.
MarketWatch berig die Amerikaanse geldeenheid het Woensdag wêreldwyd sterk vertoon nadat Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed) vroeër die week 'n rooskleurige prentjie van die Amerikaanse ekonomie geskets het.
Powell het herhaal die Fed gaan steeds rentekoerse in dié land verhoog.
Dit is nie net die rand wat die afgelope tyd deurgeloop het weens die sterk dollar nie, maar ook die goudprys. Reuters berig die goudprys het sedert April toe dit teen US$1 365,23 per fynons verhandel het, met meer as 10% gesak tot die US$1 227,26 waarteen dit Woensdag gesluit het.
Goud het vroeg gisteroggend nóg laer teen US$1 224 per fynons verhandel.
Die rand het vroegoggend teen R17,36 teenoor die Britse pond en R15,47 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake vroeg gisteroggend só:
• Goud: US$1 224 per fynons
• Platinum: US$814 per fynons
• Olie: US$72,74 per vat
Digitale geld
• Bitcoin: US$7 329,22
• Ethereum: US$476,46
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie