Rand breek eindelik deur tot onder R15 per dollar
Elvira Wood - 'n Rand het Donderdagoggend vroeg teen R14,94 teenoor die dollar verhandel.
Die dollar het wêreldwyd teenoor verskeie geldeenhede teruggesak.
Reuters berig die Amerikaanse geldeenheid het verswak nadat dit op die lappe gekom het dat die VSA dit tog oorweeg om met China oor tariewe te praat.
Dié twee lande is reeds geruime tyd slaags oor wie wat waarheen mag in- of uitvoer.
Die gebeure is ook goeie nuus vir die goud- en platinumprys.
Goud het die eerste keer sedert 7 September weer teen meer as $1 200 per fynons verhandel terwyl platinum weer deur die $800-vlak per fynons gebreek het.
Boonop het die Turkse lira ook in die aanloop tot 'n vergadering van dié land se reserwebank teenoor die dollar verstewig.
Die rand het goed op hierdie gebeure gereageer, en het Woensdagmiddag die eerste keer sedert Statistieke Suid-Afrika aangekondig het die land se ekonomie het in 'n resessie verval, weer tot onder die R15-vlak teenoor die dollar verstewig.
Die rand het Donderdagoggend vroeg die pas volgehou en teen R14,94 teenoor die dollar verhandel.
Die rand het teen R19,50 teenoor die Britse pond en R17,39 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake só:
• Goud: $1 205 per fynons
• Platinum: $803 per fynons
• Olie: $79,27 per vat
Digitale geld
• Bitcoin: $6 389,46
• Ethereum: $190,29
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie