Rand begin week op agtervoete
Francois Williams - Die rand was gisteroggend effens swakker op R13,47 teen die dollar, maar steeds ver van die relatiewe sterkte van onder R13 teen die dollar wat nog aan die begin van Junie gehaal is.
Oliepryse het darem gister reeds met byna 2% geval ná die ooreenkoms van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) om hul olieproduksie te verhoog. Die Brent-ruolieprys was gisteroggend 1,84% laer op US$74,16 per vat.
Amerikaanse oliepryse reageer egter anders op die Opul-besluit as Brent, want Amerika sit nog met groot olievoorraad. Die prys van West Texas Intermediate (WTI) het met veel minder as Brent geval, en die verskil tussen die twee olieprysmaatstawwe het tot onder US$6 per vat gekrimp vergeleke met soveel as US$10 per vat verlede week. WTI-pryse was gisteroggend rondom US$69 per vat.
Die rand het ook effens teen die euro tot R15,69 verswak.
Op die internasionale aandelebeurse het die markte in Asië verswak. Die Nikkei in Japan was 0,67% laer. Aandelebeurse in Hongkong en Sydney was ook laer in reaksie op die nuus dat pres. Donald Trump van Amerika aan nuwe beperkings op Chinese beleggings in Amerikaanse tegnologiemaatskappye werk, te midde van die voortdurende handelsoorlog tussen Amerika en China.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie