Rand baklei steeds teen Turkse griep
Die rand het weer veld teenoor die Britse pond en die euro gewen.
Elvira Wood – Nadat die rand Maandag behoorlik deurgeloop het weens onsekerheid oor ontluikende lande se geldeenhede, het hy Dinsdag ietwat sterker vertoon.
Die rand het vroegoggend teen R14,32 teenoor die dollar verhandel.
John Cairns en Kim Silberman van Rand Merchant Bank skryf in ’n nota dat naas die Turkse lira, die rand die geldeenheid is wat die afgelope week die tweede swakste op valutamarkte presteer het.
Cairns en Silberman meen die rand se swak prestasie – waar hy met 7,5% verswak het – is nie in verhouding met sy eweknieë nie.
Die Argentynse peso het met 5,4%, die Mexikaanse peso met 3,75% en die Brasiliaanse real met net 2,3% verswak.
Cairns en Silberman waarsku dat die rand waarskynlik steeds gaan sukkel om die Turkse griep af te skud.
“Dit gaan belangrik wees om stappe deur die Turkse owerhede om die lira te stabiliseer dop te hou.
“Die stappe wat hulle sedert Vrydag gedoen het, het gehelp om die lira teen Maandag te stabiliseer.
“Die Turkse owerhede is na bewering nie lus om sterker medisyne, wat spesifiek hoër rentekoerse insluit, te neem nie,” waarsku hulle.
Die rand het weer veld teenoor die Britse pond en die euro gewen.
Hy het Dinsdag vroegoggend teen R18,29 teenoor die pond en R16,33 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake vroeg Dinsdagoggend só:
· Goud: $1 194 per fynons
· Platinum: $799 per fynons
· Olie: $72,80 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 013,88
· Ethereum: $271,41 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie