Raka se wederkoms
Raka se wederkoms

Raka se wederkoms

Dani Booysen
B.B. BOBEJÉ SKRYF:

Innie begin...

vladderspeellie vlinder vry en vlak

voorrie Toppie vannie Dal

wat sonop vir'om tjoen

en als wat /na's whatshine

tot hy straataf, agter goete en geite,

innie gate van gote laain

soos hy wou, nes sy vrou

Uittie bloute sou hý kom -

'n dief uittie nag, met 'n gebrom

Hy's shap en slat met seer se stom

Ja, ék, Lukas, het dit getsais

Hy saai en maai, hy laai en kraai

kort koue kille kreute. Tjillies!

Is dit dalk koebaai: die laaste sien vannie bli(n)k Kantien wat smeek voor Dag 14...?

Hier volg die nuus:

Die wêreld swig, die mensdom vlug

Die moeë aarde lê skyns op 'n klugbrug

wat woed en woes woel;

sy doel bedoel,

sommer voel-voel

Ons is geboei en geskroei, als word gesnoei

Staan dáár eenkant is my ekskuus

Ag, waar's my dae?

Ek vra my vrae

wat lig moes gee

Hul trans gee mee

Raka se glans verdor my spene -

My bras innie Kaap is witbene

Geen zak, regeringsmag;

geen pak, kan my, dit, verdrae, vertrae

Jý whietie nou 'n nuwe kommer kompertaal -

die verhaal vannie "nuwe normaal"

Jy praat van verligting en vryheid,

dog beperk en tydelik;

onseker, onvermydelik

soos 'n gekraakte tronk vol leepoog boetas

Jy maak jóú waarheid my waarheid,

maar mý waarheid soos naarheid, skiet wortel in Waarheid

Klingel-klingel klokkies klief

deur leë lug en harde hart

Neem weg my smaad, my hart se smart

Lukas 'maan teen daai jesus in die kleine -

Raka agter Raka, die Black Pope

Hy dreun stilgeit voorrie storm

en lig sy horing tot sy aanbidding

Hý, Raka, is ou Wolf in skaapklere

wat hom vermom as engel van lig

Sy korona se pseudo-heilige opstuwing

skyn donker op ou Adam neer

Maar kyk! Dáár kom Een

wat vrome vryheid en vrede, wysheid verleen

Een braak en maak, breek en verbreek

Hy bou en kou, herbou en herstel

met gróót gesag en gemak,

en wreek Hom op Raka se fel bestel

In liefderike liefde roep Sy oop hand:

Kom; Ek kom!

Kom! Ek kom

(Die gedig is ingeskryf vir die NTN se Covid-19-projek oor menseregte.)

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer