Rafa se rekord u2018die beste in sportu2019
Rafa se rekord u2018die beste in sportu2019

Rafa se rekord ‘die beste in sport’

Tennis
Rafael Nadal se rekord 13 Franse Ope-enkelspeltitels is een van die beste prestasies in enige sport en iets wat waarskynlik nooit verbeter sal word nie, meen Andy Murray.
Nadal het Novak Djokovic Sondag in die eindstryd by Roland Garros met 6-0, 6-2, 7-5 geklop om gelyk te trek met Roger Federer se 20 Grand Slam-krone.
“Dit is ’n ongelooflike prestasie. Ek dink nie wat (Nadal) by Roland Garros bereik het, sal ooit geëwenaar word nie,” sê Murray.
“Hy kort een om dieselfde getal by ’n enkele toernooi te wen as al die Grand Slams wat Pete Sampras in sy loopbaan gewen het.
“Ek dink dit is een van die beste rekords in sport, dalk die beste.
“Ek dink nie dit sal ooit herhaal word nie en ek glo eintlik nie enigiemand sal naby daaraan kom nie.”
Wat die sogenaamde “Groot Drie” betref, glo Murray dit sal een van Nadal of Djokovic (17 majors) wees wat hulle loopbaan met die meeste Grand Slam-titels afsluit.
“Indien hulle almal fiks bly en op dieselfde ouderdom uittree, dink ek dit sal tussen Rafa en Novak wees,” sê hy.
– Reuters


FOTO
Rafael Nadal (links) het waarskynlik ’n onverbeterlike sportrekord behaal, meen Andy Murray. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer