Radioman Norman tree af
Anne Odendahl – Die bekende radio-omroeper Norman Kotze vier in Oktober sy 75ste verjaarsdag en voel dis tyd om sy oorfone en mikrofoon vaarwel te roep. Kotze se vele neringe sluit van onderwyser, joernalis, musikant, orkesleier, uitsaaier op die radio tot entrepreneur in.
"Ek het ’n miljoen goed probeer en baie kere het ek gefaal, maar met die radio het dit altyd uitgewerk,” vertel hy.
Hy onthou nog sy eerste radio baie goed, sê hy. Op sy ouers se plaas was hy besig om die tuin nat te lei en in die een hand was 'n emmer water en in die ander ’n groot radio. Hy het geluister na LM-radio uit Mosambiek, wat vandag as Radio Maputo bekendstaan.
“Daar waar ek was, was die radio! Sodra my voete begin beweeg het, het ek geweet die liedjie is goed. Wanneer ’n liedjie my gelukkig maak, hou my luisteraars ook gewoonlik daarvan," antwoord hy op die vraag met watter liedjie hy gewoonlik die radio harder stel.
“As kind wou ek graag op die verhoog wees, maar ek was ongelukkig nie mooi genoeg nie! Ek het die idee gekry om agter ’n mikrofoon in te skuif. Ek het daarvan gehou om met woorde te speel en te kyk watter reaksie dit op mense het,” het Kotze gesê.
Kotze het sy kinderjare op Springbok in Suid-Afrika saam met drie broers en 'n suster deurgebring.
“My pa se wens was dat ons almal ’n goeie opvoeding kry. Daardie tyd was dit altyd ’n oplossing om ’n onderwyser te word. Maar sodra ek dit egter agter my kon los, het ek myself tot die joernalistiek gewend.
“Met my eerste werksaansoek by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), was ek nie suksesvol nie en die rede hiervoor was my uitspraak. Hulle het iemand gesoek wat nie 'n aksent gehad het nie en dit was vir my as Namakwalander nie moontlik nie! Ek het nie die werk gekry nie, nie omdat ek nie sonder aksent kon praat nie, maar omdat ek nie wou nie.”
Die droom om musiek te maak het Kotze ook nooit laat vaar nie. In die laat sewentigerjare ontmoet hy ’n ou klasmaat en onthou dat sy klavier kon speel.
“Ek het haar genader met die idee om ’n groep te stig. Ek dink sy was te geskok om 'nee' te sê,” lag hy.
Hulle het nog ’n kitaarspeler bygekry en het die groep die Die Norman-orkes genoem. Die groep het dwarsoor Namibië mense met country-musiek vermaak.
“Ek het ook begin om liedjies in Afrikaans te skryf vir 'n album wat ek Suidwes se kind genoem het. Ek het van die liedjies saam met 'n hele orkes in Suid-Afrika gespeel.”
Die klasmaat, Dalene, wat saam met hom die groep gestig het, was ook Kotze se eerste vrou en die ma van hul twee seuns, Norman en Quintin. Norman junior woon in Vancouver, Kanada, en Quintin volg in sy pa se voetspore. Kotze se huidige vrou, Carol, hanteer sy radiostasie se rekeninge.
Kotze het veral die karnalvaltydperk besonder baie geniet.
“Ek het baie liedjies in Duits gesing, hoewel ek glad nie Duits kan praat nie.”
Sy orkes het ook 'n album, Südwest-Stimmung, uitgebring, terwyl die albums With a Blonde and a Beer en In the Midnight Hour later gevolg het.
Kotze was besig om in hotelle en klubs sy musiek te speel, toe hy ’n oproep van die destydse Suidwes-Afrikaanse radiodiens (SWABC) in Windhoek ontvang. Die soektog was na 'n persoon wat sy musiek ken.
“As daar iets is wat ek ken, dan is dit musiek. Ek het in die stoorkamer vir plate begin werk en my eerste radio- uitsending was op ’n Sondagaand en het op country-musiek gefokus.
“Ek het gevoel ek moet nog baie oor die radiowêreld leer en het na Amerika gereis waar ek met radiowerk begin het. Met my terugkeer het ek vir Rolf en Mario leer ken, wat toe pas Radio 99 gestig het. Ek was bly om weer voltyds by die radio te kon werk.”
Kotze het die stem van Radio 99 geword. ’n Paar jaar daarná wou hy sy eie radiostasie begin en in November 1998 sien Radio Kudu die lig.
In 2002 het hy Radio Omulunga gestig en in 2007 Fresh-FM.
Sy seun Quintin neem nou die radiostasies wat onder die groep Planet Radio val, oor.
Kotze tree af en beplan om die wêreld plat te reis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie