Race to Omeya nóg blinker gepoets
Die Omeya-gholfklub sal Saterdag 2 Februarie vir die sesde agtereenvolgende jaar sy AfricaOnline Race to Omeya Members Cup-reeks van stapel stuur.
Gholf
AfricaOnline se besturende direkteur, mnr. Marc Gregan, het aangekondig die Race to Omeya Members Cup-reeks is vanjaar met die grootste borgskap in sy bestaan toegeken, met die vergrote bedrag wat op N$44 000 te staan kom.
Die 10 kwalifiserende toernooie sal opnuut heelwat opwinding onder spelers meebring, wat uitloop op die mees gesogte toernooi op Omeya se kalender, naamlik die Members Cup tussen huiseienaar- en klublidspanne.
Net soos vorige jare, sal ’n speler in minstens ses toernooie moet speel om vir die bepalende merietelys te kwalifiseer. Die twee uitsoekspanne sal uit 12 spelers elk bestaan, wat op 8 en 9 November in die formaat van die Ryder-beker sal meeding.
Die Omeya-gholfklub se bestuur bedank Gregan en sy hele span vir die wonderlike ondersteuning oor die laaste vyf jaar, en is oorgehaal om die sesde weergawe die suksesvolste een nóg te maak.
Datums vir die 10 kwalifiserende 10 toernooie:
Ronde 1: 2 Februarie
Ronde 2: 16 Maart
Ronde 3: 6 April
Ronde 4: 11 Mei
Ronde 5: 8 Junie
Ronde 6: 22 Junie
Ronde 7: 20 Julie
Ronde 8: 10 Augustus
Ronde 9: 24 Augustus
Ronde 10: 7 September

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie