'Raarste wit diamant ooit' in Londen te koop
‘n Gleslose diamant, die grootte van ‘n groot aarbei, sal na verwagting ‘n wêreldrekordprys behaal wanneer dit vandeesmaand by Sotheby’s in Londen verkoop word.
Die briljante wit edelsteen, wat net meer as 102 karaat weeg, is kleiner as die 118 karaat-ovaaldiamant wat in 2013 in Hongkong verkoop is en tans die wêreldrekordprys per karaat hou.
Sotheby's, wat ook die diamantverkoop in Hongkong behartig het, verwag dat die kleiner edelsteen vanweë sy raarheid en hoë gehalte ‘n selfs hoër prys sal behaal.
"Die edelsteen wat in Hongkong verkoop is, het US$260 000 per karaat behaal, wat die wêreldrekord vir kleurlose diamante is. Hierdie een, ‘n ronde briljante snit, se prys sal noord daarvan wees,” het Patti Wong, voorsitter van Sotheby's Diamonds aan Reuters gesê.
Die diamant is die enigste edelsteen van meer as 100 karaat wat die hoogste gradering op elke kriterium deur die edelsteenkundige instituut van Amerika gekry het.
Die instituut beoordeel die gehalte van edelstene, het Sotheby’s gesê.
Die verkoopprys van die diamant is nie bekend nie. Dit sal in ‘n private transaksie verkoop word. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie