Raaiselsterre verskyn en verdwyn by Koës
Elvira Hattingh - Koës-inwoners was die afgelope Saterdag verstom toe ‘n reeks van tussen ses en nege “sterre” omstreeks 20:30 in ‘n reguit lyn in die noordelike hemelruim verskyn en toe weer een-een stadig uitdoof.
Intussen het verskeie ooggetuies op Facebook daaroor geskryf, met enkele foto’s wat van die vreemde ligte geneem is en mense wat sê dit was ‘n besonderse mooi gesig.
Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die Universiteit van Namibië, het aan Republikein gesê hy het geen idee wat die bron van die ligte kon wees nie.
“Ek het dit nie self gesien nie en wil dus nie te veel kommentaar lewer nie. Die eweredige spasiëring lyk nogal kunsmatig en nie soos iets natuurlik nie. Verder het ek te min inligting,” het hy gesê.
Me. Heidi Smith van Koës het in ‘n boodskap aan Republikein gesê hulle het Saterdagaand vriende vir ‘n braai oorgenooi. Net voor die laaste lig teen 20:30 in die Weste verdwyn het, het hulle die vreemde ligte in die Noorde gewaar.
Sy sê dit het gelyk asof sowat agt of nege sterre in ‘n lyn in ‘n noordelike rigting “aangeskakel word”.
“Dit het helder in die lug gehang totdat dit van onder na bo stadig uitgedoof het. Ons was te stadig om 'n video te neem.
“Dit was so hoog in die lug dat ek nie dink dit kon vuurrwerke of 'n ‘flare’ gewees het nie. Dit het ook soos sterre geblink.
“Dit was ongelooflik! Ons is nog steeds verstom. Daar is nog mense in ons omgewing wat dit gesien het,” het Smith gesê.
Minstens drie mense het op Facebook geskryf dat hulle dit gesien het, met Michelle Silver Viljoen wat foto’s van die vreemde sterre op Facebook geplaas het.
“Die vreemdste, mooiste ding wat ek nog ooit gesien het: Sowat ses sterre in ‘n ry. Dit was asof hulle terug in die ruimte roteer het,” het Viljoen geskryf.
Viljoen het later tydens ‘n telefoonoproep aan Republikein gesê die ligte was sowat drie minute lank sigbaar, voor dit begin verdwyn het. Sy sê hulle het stil, op een plek, gehang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie