Raadslid wat glo slaan, kry borgtog
Denver Kisting – Mnr. Ambrosius Kandjii, ’n 49-jarige lid van die Nasionale Raad (NR), is vanoggend op borgtog van N$3 000 vrygelaat.
Dít kom nadat hy glo verlede week ’n man en vrou in Windhoek aangerand en met die dood gedreig het.
Hy het na bewering ook die man se voertuig beskadig.
Hy moet weer op 16 Junie vanjaar in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn.
Kandjii is Vrydag omstreeks 22:00 in hegtenis geneem.
Hy is aanvanklik by die Otjomuise-polisiekantoor se aanhoudingselle aangehou maar is daarná vanweë veiligheidsredes na die Seeis-aanhoudingselle by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verskuif.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie