Raad ondersoek psigiater

'n Saak van verkragting teen 'n bekende psigiater is van die landdroshof na die hoërhof in Windhoek oorgeplaas.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die Raad vir Gesondheidsbe­roepe in Namibië (HPCNA) ondersoek verskeie klagtes van onprofessionele gedrag teen 'n psigiater aan die kus.

Die psigiater word onder meer daarvan beskuldig dat hy 'n pasiënt in sy spreekkamer verkrag het.

Dr. Pieta van der Westhuizen het in November 2016 op aanklag van verkragting in die landdroshof op Swakopmund verskyn en is op borgtog van N$10 000 vrygelaat.

Deel van sy borgtogvoorwaardes is dat hy geen direkte of indirekte kontak met die klaer mag hê nie, dat hy nie die Swakopmund- of Walvisbaai-distrik sonder die toestemming van die ondersoekbeampte mag verlaat nie en dat hy ook nie met die ondersoek mag inmeng nie.

Die saak is intussen ná 'n besluit deur die aanklaer-generaal na die hoërhof in Windhoek oorgeplaas waar hy in Mei sal verskyn.

Die aanklag spruit voort uit 'n voorval op 7 November 2015 waartydens Van der Westhuizen na bewering 'n getroude ma van twee by sy spreekkamer in Antonius Gardens op die dorp bedwelm en toe verkrag het.

Sy is glo die vorige dag deur Van der Westhuizen by wyse van 'n voorskrif opdrag gegee om die oggend van haar besoek Ritalin-pille te drink.

Van der Westhuizen het haar by sy spreekkamer glo ook onder meer Valiums en haar daaglikse voorgeskrewe medikasie gegee om te drink.



'na motor gedra'

Hy wou glo 'n narko-analise op die vrou doen, wat een van sy gereelde pasiënte was. Toe die vrou die middag deur 'n vriendin by die spreekkamer opgelaai is, was sy na bewering só bedwelm dat Van der Westhuizen en die vriendin haar na die motor moes dra.

Volgens die aanklagte teen Van der Westhuizen het hy die klaer glo oor 'n tydperk van etlike ure verkrag terwyl sy in so 'n bedwelmde toestand was dat sy haar nie daarteen kon verset nie.

Volgens die HPCNA se registrateur, mnr. Cornelius Weyulu, duur die ondersoek na Van der Westhuizen se beweerde onprofessionele gedrag voort en is dit nog nie gefinaliseer nie.

Hy het beklemtoon die raad is nie in 'n posisie om die misdaad van verkragting te ondersoek nie.

“Die raad ondersoek wel die praktisyn se gedrag in die tyd wat die beweerde misdaad van verkragting plaasgevind het,” het Weyulu verduidelik.

Sou die strafregtelike ondersoek Van der Westhuizen aan verkragting skuldig bevind, sal die raad volgens Weyulu die saak in ooreenstemming met die Mediese en Tandheelkundige Wet 10 van 2004 hanteer.

Indien die raad enige klagtes teen Van der Westhuizen formuleer, sal dit volgens Weyulu waarskynlik 'n klagte van onprofessionele optrede wees.

Weyulu het verduidelik indien die raad die bogenoemde klagtes teen Van der Westhuizen lê, sal hy tydens 'n verhoor die geleentheid kry om sy saak met of sonder regsverteenwoordiging te verdedig.

Indien Van der Westhuizen op die klag van verkragting skuldig bevind word, sal dit in terme van artikel 45 van die wet hanteer word.

Vervolgens sal die raad hom dan ook skuldig bevind, en die sanksies soos gelys onder artikel 42 van die wet sal geld.

Weyulu het voorts gesê 'n praktisyn is onskuldig tot hy aan onprofessionele gedrag skuldig bevind word, waarna sy magte ingevolge wetgewing opgeskort kan word.

Van der Westhuizen praktiseer steeds as psigiater.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%