Quo vadis, Amerika?
Quo vadis, Amerika?

Quo vadis, Amerika?

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Ná maande se verdelende veldtogvoering in Amerika om te bepaal wie die nuwe inwoner van 1 600 Pennsylvania-laan in Washington gaan wees, breek stemdag uiteindelik vandag vir miljoene Amerikaners aan.

Wie ook al die sleutels van die Withuis in Januarie in ontvangs neem, die pad vorentoe gaan nie maklik wees nie.

Amerika is verdeeld, die Republikeinse Party is in chaos gedompel nadat die meerderheid van dié party se ondersteuners Donald Trump genomineer het, en die Demokrate sukkel om die e-posskandaal van Hillary Clinton af te skud.

Trump het hom die afgelope maande as ''n megalomaniak van selfvoldaanheid, rassisme en vulgêre seksisme bewys en nie geskroom om oorlogveterane, gestremdes, immigrante en vele meer te beledig nie.

Clinton kon nie daarin slaag om die beeld van die Washingtonse politieke elite af te skud nie en kon ook nie die spoke van Benghazi verjaag nie.

Vir wie ook al aan bewind kom, lê groot uitdagings voor, nie net binnelands nie, maar ook buitelands. Binne Amerika se grense sal ''n veldtog van versoening van stapel gestuur moet word om diep politieke wonde te genees. Buite die land se grense was die uitdagings selde groter as wat tans die geval is. Die opkoms en toenemend wêreldwye bedreiging wat fundamentalistiese, Islamitiese djihadiste bied, die vlugtelingkrisis, klimaatverandering, die Russiese beer wat al hoe aggressiewer raak, asook ''n internasionale ekonomiese inkrimping is nie ligte musiek vir ''n nuwe Amerikaanse president nie.

Ondanks veranderende administrasies was Amerika nog altyd ''n vriend van Namibië wat mildelik tot die land se ontwikkeling bygedra het. Dit behoort nie te verander nie, wie ook al aan bewind kom.





Só sê ander:

6 November 2016

Imagining America on Nov. 9

This surreal, miserable presidential campaign exposed a lot of rot in our democracy''s infrastructure, and anger in the populace.

It has exposed a sick Republican Party. Some in the never-Trump movement tried and failed to stop the nominee. But history will not be kind to the other Republicans who, out of cravenness or calculation, sidled­ up to a man they knew to be unfit for office. Mike Huckabee, on Twitter, shared this pithy lunacy: “Trump may be a car wreck, but at least his car is pointed in right direction.”

Winter Is Coming is the title Garry Kasparov gave his book about Vladimir Putin. Autumn is here in the U.S. too. It''s time to focus. To confront what Trump represents, the better to end it. Let this election have the salutary effect of reminding Americans as a nation of who we are, and the good we can do, when we are put to the test. • New York Times

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A