Publiek se gedragsertifikate hoop op by polisie
Lede van die publiek wat vir polisieklaring aangesoek gedoen het by een van die vier polisiekantore in Windhoek, moet dit gaan afhaal.
'n Groot getal onopgeëisde gedragsertifikate wag op die eienaars daarvan om dit af te haal, sê adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hoof van die polisie se openbare skakelafdeling.
Hy sê sedert die polisie die nuwe geoutomatiseerde vingerafdruk-identifiseringsmasjien (Afis) aangeskaf het, verloop dié proses baie vinnig.
Baie leerlinge doen in hul graad 12-jaar vir gedragsertifikate aansoek, aangesien hulle dit nodig het indien hulle in die buiteland wil gaan studeer.
In die verlede het dit soms maande geduur vanaf aansoek ingedien is is, tot die polisie die klaringsertifikate uitgereik het.
Volgens Kanguatjivi moet mense wat sedert 2016 aansoek gedoen het en nog nie hul sertifikate afgehaal het nie, die Windhoek-, Klein-Windhoek-, Wanaheda- en Katurura-polisiekantore so vinnig as moontlik besoek. Windhoekers doen ook soms by die Kappsfarm-polisiekantoor vir hierdie sertifikate aansoek.
Kantoorure is Maandag tot Vrydae van 08:00 tot 16:30.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie