PSG Konsult gaan deel van Absa koop
PSG Konsult gaan deel van Absa koop

PSG Konsult gaan deel van Absa koop

Niel Joubert - PSG Konsult het gister op Sens, die JSE se nuusdiens, gesê hy koop Absa se makelaarsafdeling vir sakeversekering.

Die onderneming bestaan uit 102 adviseurs en het meer as 32 000 kliënte.

Met vervulling van die voorwaardes vir die transaksie sal die adviseurs en kliënte met PSG Konsult se verspreidingsnetwerk van PSG Insure se adviseurs integreer, sê die maatskappy.

PSG Konsult is die genoteerde beleggings- en versekeringsfiliaal van die groter PSG-groep. Dit bestaan uit PSG Wealth, PSG Asset Management en PSG Insure.

Die transaksie is onderhewig aan “voorwaardes tipies vir ’n transaksie van dié aard” en sluit regulatoriese goedkeuring in, sê PSG Konsult.

Die transaksie sal met bestaande kontantbronne gefinansier word, maar daar is nog nie ’n prys bekend gemaak nie.

Volgens die maatskappy sal die inwerkingstelling van die transaksie PSG Insure se voetspoor in Suid-Afrika vergroot en verbeter. PSG Konsult se hooffokus bly organiese groei, sê die maatskappy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A