Psemas: u2018Tender sluit almal behalwe Methealth uitu2019
Psemas: u2018Tender sluit almal behalwe Methealth uitu2019

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

’n Tender vir die bestuur van die staat se mediese fonds vereis dat die bieër in die laaste vyf jaar mediese fondse helfte die grootte van Psemas moes bestuur het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier opgestel is om alle potensiële deelnemers buiten die huidige houer van die tender uit te sluit.

Prosperity Health het by monde van sy direkteur, mnr. Bertus Struwig, gesê die fonds was onder die indruk die tender, NCS/ONB/CPBN03/2020, is oop vir alle Namibiese administrateurs van mediese fondse.

Volgens die tenderdokumente het Psemas tans 287 000 begunstigdes.

Struwig sê die totale mark vir die administrasie van private mediese fondse in Namibië (uitgesluit Psemas) bestaan uit 201 914 begunstigdes wat hoofsaaklik deur vyf verskillende administrateurs bestuur word.

Die tenderdokument vereis dat die bieër in die laaste vyf jaar mediese fondse die helfte die grootte van Psemas (143 000 begunstigdes of meer) moes bestuur het.

“Vir enige Namibiese administrateur (behalwe die huidige houer van die tender) om aan hierdie vereiste te voldoen, sal dit vereis dat so ’n entiteit ’n markaandeel van meer as 70% van die private mark (nie PSEMAS) vir administratiewe mediesefondse besit,” sê Struwig.

Hy doen gevolglik ’n beroep dat dié vereiste in die tender in lyn met die werklike mark in Namibië gebring word.

Struwig stel voor die tenderspesifikasies word gewysig en dat die aantal begunstigdes wat in dié vereiste ingesluit word, verminder word tot 50 000 begunstigdes wat ’n kwart van die huidige mark is.

Hy verwys ook na vereistes soos vervat in die tenderdokument en wat bepaal dat ’n bieër bewys van voldoende werkkapitaal moet voorsien. Ook word van die bieër vereis om aan te dui hy het toegang tot kredietfasiliteite en die beskikbaarheid van ander finansiële hulpbronne, of ’n brief van ’n finansiële instelling dat hulle gewillig is om finansiering te verskaf.

Volgens Struwig is hy dien van verstande dat ’n brief van ’n geregistreerde Namibiese finansiële instelling wat gewillig is om finansiering te bied en kredietfasiliteite vir werkkapitaal te verskaf, voldoende sal wees om aan dié vereiste te voldoen.

Struwig verwys ook na die bepaling vir beperkings op gesamentlike ondernemings wat vereis dat die vennoot in beheer aan minstens 40% van die minimumvereiste moet voldoen en dat enige ander vennoot of vennote aan minstens 25% van die minimum vereistes moet voldoen.

Volgens hom kan doeltreffende bestuur en dienslewering in terme van die tender vereis dat die werksaamhede van die diensverskaffer deur meer as een entiteit in ’n groep verskaf word.

Hy stel voor die betrokke tendervoorwaarde word gewysig dat ’n tender ingedien kan word deur ’n gesamentlike onderneming in ’n groep van entiteite. Laasgenoemde is onderhewig daaraan dat al die entiteite in die gesamentlike onderneming (JV) beheer word deur ’n enkele Namibiese houermaatskappy wat deel vorm van die JV-ooreenkoms en wat die eienaarskap en verantwoordelikheid van die suksesvolle tender dra.

Met betrekking tot die betaling van eise verwys Struwig na die bepaling wat vereis dat die omkeertyd vir betaling van eise ná ontvangs van fondse van die ministerie van finansies nie langer as twee dae moet wees nie.

“Net die huidige houer van die tender kan sy huidige vermoë wys om eise met ontvangs van fondse van die ministerie van finansies te betaal. Dié voorwaarde benadeel alle partye wat nie die huidige houers van die tender is nie,” het Struwig gesê.

Hy stel voor dat dié vereiste uit die tender verwyder word. Alternatiewelik is duidelikheid nodig dat die vereiste die vermoë insluit om eise binne twee dae van ontvangs van fondse van bestaande kliënte te betaal.

Struwig verwys ook na die vereiste in die tender vir die betaling van eise en wat die bieër verplig om ’n geouditeerde finansiële staat van die rekening te verskaf waarvan betaling na verskaffers van gesondheidsdienste sal geskied.

Volgens Struwig is duidelikheid egter nodig oor die aard van die dokument en die oudit wat ingedien moet word om aan die vereiste te voldoen, omdat so ’n bankrekening nog nie bestaan nie en eers geopen sal word wanneer die tender suksesvol is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%