Psemas skrap 15 000 lede
Psemas skrap 15 000 lede

Psemas skrap 15 000 lede

Die ministerie van finansies moet teen 24 September reageer op navrae van die kantoor van die ombudsman nadat pensioenarisse summier van die staat se mediese fonds ­verwyder is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die kantoor van die ­ombudsman het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat verskeie pensioe­narisse voorheen verbonde aan die staatsdiens moes uitvind hulle is summier van die staat se mediese fonds (Psemas) geskrap.

Volgens die ombudsman, adv. John Walters, het die ondersoek gevolg ná navrae in dié verband by sy kantoor aangemeld is. Walters sê die verslag is nou vir kommentaar na die waarnemende uitvoerende direkteur van finansies gestuur wat voor 24 September daarop moet reageer. Die verslag en bevindinge sal daarna bekend gemaak word.

Republikein het verskeie navrae van pensioenarisse ontvang wat met die gebruiklike maandelikse afhaal van chroniese medikasie ingelig is hulle is nie meer deel van die mediese fonds nie.

Volgens een van die pensioenarisse is sy en haar man “summier” van die fonds verwyder.

“Ek moes vandag my maandelikse chroniese medikasie gaan haal, maar is meegedeel dat beide ek en my man van die fonds verwyder is. Volgens die apteker is daar baie lede met dieselfde probleem.”

Sy het gevolglik verskeie nommers by die mediese fonds geskakel, maar geen antwoord gekry nie.

“Hoe moet ek nou aangaan sonder my chroniese medikasie? My bydrae vir die medies word outomaties van my salaris afgetrek, dit is dus betaal. Waar kan ons hulp kry as hul nie hul telefone antwoord nie?”

Volgens die ministerie van ­finansies is meer as 15 000 mense sedert 3 September van die mediese fonds afgehaal. Die ministerie het by monde van sy woordvoerder, mnr. Tonateni Shidhudhu, gesê 'n verifiëringsprojek vir lidmaatskap van die fonds het vasgestel 15 162 afgetrede personeellede dra nie tot die fonds by nie en het ook nie weer met hul aftrede heraansoek gedoen om as lede van die fonds aan te bly nie. Dit ten spyte van die feit dat hulle sedert hul aftrede ten volle uit die mediese fonds voordeel getrek het.

Shidhudhu verwys na personeelreëls vir staatsdiensamptenare en 'n klousule wat betrekking het op ­pensioenarisse wat deel van die skema is. Hiervolgens moet die betrokke persoon aansoek doen op die voorgeskrewe aansoekvorm vir lidmaatskap van Psemas by die ministerie van finansies.

Dit moet binne 90 dae vanaf die datum van aftrede geskied. Sou dit nie binne die voorgeskrewe tydperk gebeur nie, sal die persoon sy regte verbeur om deel van die fonds te bly.

Met verwysing na die opskorting en beëindiging van lidmaatskap word 'n lid se lidmaatskap opgeskort as die persoon se maandelikse premies drie maande agterstallig is, óf indien enige gelde verskuldig nie binne 'n maand van 'n kennisgewing in dié verband betaal is nie.

Volgens die ondersoek het 'n gedeelte van die ­geraakte afgetredenes hulle volle pensioenvoordele onttrek.

“Dit is 'n vereiste dat bydraes vir Psemas maandeliks van pensioenvoordele afgetrek word,” het Shidhudhu gesê.

In lyn met die bogenoemde personeelreëls en die bevindinge van die verifiëringsprojek is besluit om die mediese fonds van die geraakte lede op 3 September te beëindig.

Hy het beklemtoon alle regeringspersoneel word met hul aftrede en deur 'n aftredingsbrief ingelig dat hulle binne 90 dae moet aansoek doen as hulle steeds met Psemas wil voortgaan. Volgens hom het die ministerie van finansies deur die regering se pensioenfonds (GIPF) ook openbare inligtingsveldtogte vir afgetredenes in dié verband van stapel gestuur.

“Ons is tans in gesprek met sleutelrolspelers om te sien of daar enige moontlikheid is om af te wyk van die personeelreëls.”
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09%