Psemas se Coetzee vas vir korrupsie
Henriette Lamprecht – Die finansiële bestuurder by die staat se mediese fonds (Psemas) en die ministerie van finansies, mnr. Etienne Jacque Coetzee (43), is deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) vir korrupsie vasgetrek.
Coetzee is sedert April ook die visepresident van bestuursake by die Namibië Rugby-unie.
Coetzee het na bewering me. Rosa Sindy Beukes (30), ‘n werknemer by Business Partners International Namibia, op die Psemas-stelsel as ‘n staatsdienswerker geregistreer en ook ’n mediesefondskaart aan haar verskaf. Beukes was egter nooit in diens van die regering nie.
Beukes het die kaart glo tussen 2015 en 2017 mildelik by verskeie dokters, hospitale en apteke gebruik vir voordele ter waarde van N$138 000.
Sy en Coetzee het gister in die hof verskyn op aanklagte wat insluit die korrupte gebruik van ‘n staatskantoor of -posisie vir ‘n beloning, sowel as die gebruik van dokumente met valshede om iemand te mislei.
Die saak is tot 7 Desember uitgestel en beide is op borgtog van N$10 000 vrygelaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie