Psemas op dun ys
Psemas op dun ys

Psemas op dun ys

Voordat die staat se mediese fonds nie 'n forensiense en regsafdeling het nie, is dit sonder tande.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) beweeg op dun ys indien dit sonder duidelike regsgronde weier om eise van diensverskaffers in die mediese bedryf uit te betaal.

In gevalle waar Psemas buite die reg optree en diensverskaffers finansiële verliese ly en selfs gedwing word om hul praktyke te sluit, kan die skade ook moontlik van Psemas geëis word.

Dít is die mening van die forensiese en regskenner, mnr. Eben de Klerk, na aanleiding van ’n ondersoek wat in Februarie na beweerde ongerymdhede met die indien van eise gedoen is.

Deel van die opdrag om ongerymdhede te ondersoek, was om “uitskieters” in sekere hoëkoste dissiplines te bepaal, wat hospitale, aptekers, dokters, radiologie en patologie insluit. Sou verskaffers as “uitskieters” geïdentifiseer word, gaan hulle na bewering, hangende verdere ondersoek, nie deel in die uitbetaling van agterstallige skuld aan mediese verskaffers nie.

Volgens mnr. Eben de Klerk van ISG Risk Services sal Psemas ’n span deskundiges op verskeie gebiede moet hê wat genoegsame bewyse versamel het om regstappe te regverdig en dit dan deur te voer.

“Net op so ’n grondslag kan Psemas wettig kontraktuele verpligtinge systap. Die belangrikste vaardigheid, en dit is waar die fonds in die verlede sleg gefaal het, is regs- en forensiese kennis.”

Volgens De Klerk is dit moontlik dat Psemas gedetailleerde verslae van hul administrateur, Methealth, ontvang. Het Methealth egter nie iemand wat verdere stappe gegrond op inligting kan neem nie, “sal daar niks van kom nie”.

“Hulle het ’n span nodig met genoegsame kundigheid in kodering en prosedurebeskrywings, die reg (siviele en strafreg), forensiese ondersoekprosedures en data-ontleding, en kundigheid in die spesifieke mediese veld van ’n ‘beskuldigde’ persoon.”

Volgens De Klerk het Psemas in 2011 wel ’n tender vir so ’n span kenners gevra. Die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) het saam met ISG Risk Services ’n tender ingedien om ondersoek op verdagte diensverskaffers te doen, maar die tender is gekanselleer voor enige aanstellings gemaak is.

“Om so ’n werk namens Psemas te verrig, sal ’n fraksie van die bedrieglike eise kos wat nou teen Psemas staan en die fonds honderde miljoene per jaar kan spaar.”

Hy is voorts van mening sou Psemas die interne kundigheid gehad het, sou die fonds reeds in baie gevalle daadwerklike stappe (siviel en strafregtelik) kon neem, wat Psemas baie geld kon spaar en ook ander skelms lankal sou afskrik om kanse te waag.

“Juis omdat Psemas so passief met eisers is, het dinge oor tyd lyk my totaal handuit geruk.”

In Februarie is ’n komitee, bestaande uit vrywilligers, vir elk van die verwante mediese dissiplines uit die mediese bedryf gevra om beweerde ongerymdhede by mediese diensverskaffers te ondersoek. Die doel was om kundiges in die veld te betrek om ’n verdagte diensverskaffer, gebaseer op uitskieterdata, te identifiseer.

De Klerk sê egter dié komitees sou “beswaarlik meer kon doen as wat die administrateur reeds gedoen het”.

“Ten beste sou hulle vir Psemas ’n opinie kon gee oor uitskieters en moontlike verdagte eise, dus ’n opinie oor wie forensies verder ondersoek moet word.”

Blote verdagte optrede is egter volgens hom nie genoegsame gronde vir regsaksie of die verbreking van ’n kontrak nie.

“Statistiese data alleen is nie genoeg gronde om enige persoon se regte te skend nie. Ek kan ‘n dokter in Namibië met die hoogste eise vir bloeddruk en hartmedisyne wees. My eise vir dié medisyne kan drie keer hoër wees as enige ander dokter in Namibië en statisties lyk ek skelm. By nadere ondersoek word egter vasgestel ek is die enigste dokter in ‘n dorp waar die gemiddelde bevolking ouer as 65 jaar is en dat my praktyk reg oorkant die enigste ouetehuis geleë is.”

Pinnacle Management Consultants

In 2005 het Pinnacle Management Consultants, saam met ‘n groep aktuarisse, in opdrag van die regering meganismes ondersoek waarop uitbuiting van die staat se mediese fonds (PSEMAS) deur diensverskaffers en lede stopgesit kan word. Toe het Psemas se hap uit die staatskas N$526 miljoen beloop, N$123 miljoen meer as die geraamde uitgawes waarvoor in die hoofbegroting voorsiening gemaak is.

Mnr. Calle Schlettwein, toe permanente sekretaris in die ministerie van finansies, het ook gemaan ystervuismaatreëls gaan ingestel gaan word om die fonds van finansiële ondergang te red.

Dr. Libertine Amathila, minister van gesondheid, het volgens berigte toe reeds drie jaar vantevore aanbevelings aan die kabinet gedoen om die misbruik van die fonds te verminder en die staat se verantwoordelikheid te verlig. Al wat dit haar in die sak gebring het, was dat dié dokters wat geïmpliseer is, gedreig het om die regering hof toe te neem, het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.73 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.39/OZ UP +1.02% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.01/BBP UP +0.63% | Platinum US$ 962.23/OZ UP +0.67% Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.73 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.39/OZ UP +1.02% | Copper US$ 4.58/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.01/BBP UP +0.63% | Platinum US$ 962.23/OZ UP +0.67%