PS roskam homofobe in skole
Gay, lesbiese, biseksuele en transgender-kinders word steeds erg op skool afgeknou.
Denver Kisting – Elke leerling verdien om in ’n skool te wees waar hulle gerespekteer en gewaardeer voel én aangemoedig word om hul volle potensiaal te ontwikkel.
Só sê me. Sanet Steenkamp, die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur.
Steenkamp sê voorts lesbiese, gay, biseksuele en transgender (LGBT)-kinders is steeds die teiken van diskriminasie, ’n geboelie, teistering en intimidasie op skool.
Opvoeders, die skoolbestuur, admistrateurs en kenners het ’n sleutelverantwoordelikheid om die heteronormatiewe kultuur by skole voor stok te kry en om aktief ’n veilige en inklusiewe skoolomgewing te skep, het Steenkamp benadruk.
Volgens haar bied die nasionale leerplan ruimskoots geleenthede waartydens omvattende seksopvoeding ontgin kan word.
Sy sê dit het veral betrekking op aangeleenthede wat met geslag, seksualiteit en diversiteit verband hou.
Trouens, sê Steenkamp, die tyd is nóú ryp om te besin oor hoe daar verseker kan word leerlinge, wat nie as heteroseksueel identifiseer nie, word nie agterweë gelaat nie - veral omdat Namibië tans sy onderwyswet hersien.
Steenkamp het in ’n toespraak gesê dié werklikheid gee aanleiding tot implikasies vir onderwysers en die bestuur van skole oor hoe die opvoedingsproses en ondersteuningsnetwerke op hierdie verantwoordelikheid reageer.
Die toespraak is gister namens haar in die hoofstad voorgelees by ’n drie dae lange slypskool oor die inwerkingstelling van omvattende seksopvoeding in Namibiese skole. “Gelukkig is die Namibiese skolekonteks nie stil oor geslags- en seksuele diversiteit nie. Die leerplandokumente is uitdruklik oor die onderrig en leer van nie-normatiewe seksualiteite. Skole is dus nie net ruimtes vir die leer van akademiese vakke nie, maar ook waar leerlinge opgevoed word oor die moontlikhede en beperkinge van geslagsidentiteite en -uitdrukking in die lewensvaardighede-leerplan.”
Ondanks die feit dat sommige LGBT-jeug reeds op ’n jong ouderdom “uit die kas klim”, het skole nog nie by hulle aangesluit nie, sê sy.
Dít bring mee dat jongmense geïsoleer word en die risiko loop om ten prooi te val van geweld en teistering, maan Steenkamp.
Álle leerlinge moet dieselfde behandel word ondanks hul seksuele oriëntasie, sê me. Natasha van Wyk, ’n maatskaplike werker van Swakopmund. “Daar moet glad geen onderskeid getref word nie. Hulle moet met waardigheid en respek behandel word. Hulle moet in geen stadium minderwaardig laat voel word nie.”
Van Wyk waarsku afknouery kan rampspoedige gevolge hê. Onder meer kan dit daartoe lei dat die kind wat geboelie word, selfdood pleeg of sélf gewelddadig word.
Me. Daphney /Goagoses, ’n onderwyser verbonde aan ’n Windhoekse hoërskool, het gistermiddag by navraag gesê: “Dit is baie, baie moeilik vir sulke (LGBT-) kinders. In die eerste plek ervaar hulle konflik binne hulleself.”
LGBT-kinders loop deur onder boelies, omdat ons in ’n onverdraagsame samelewing woon, sê sy.
Volgens haar is baie opvoeders veroordelend teenoor geslagsminderhede. “Skole moet ’n veilige hawe bied. Kinders moet die vrymoedigheid hê om onderwysers in hul vertroue te neem,” sê sy.
Die veteraanopvoeder mnr. Andrew Matjila was gister van mening hy beny nie hedendaagse onderwysers nie.
Afknouery moet volgens hom met wortel en tak uitgeroei word. “As daar nie onmiddellik met ’n boelie afgereken word nie, kan dit aanleiding gee tot alle tipe geweld. Die oomblik as dit begin, móét dit aangespreek word anders kan die gevolge tragies wees.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie