u2018Pryse durf nie opgaan,u2019 waarsku kommissie
u2018Pryse durf nie opgaan,u2019 waarsku kommissie

‘Pryse durf nie opgaan,’ waarsku kommissie

Petrus Malherbe



Tembinkosi Bonakele, voorsitter van die Mededingingskommissie, het Suid-Afrikaanse handelaars Woensdagaand weer gewaarsku om nie die prys van noodsaaklike produkte tydens die nasionale staat van inperking te verhoog nie.

Die kommissie het reeds verskeie klagtes van verbruikers ontvang oor handelaars wat die prys van produkte soos handreiniger, toiletpapier en gesigmaskers verhoog het.

Kragtens die Wet op Mededinging mag handelaars nie die pryse buitensporig verhoog in tye dat die vraag daarna verhoog nie.

Die kommissie het klagtes ontvang van skokkende prysstygings van veral beskermende klere, maar ook van rys, mieliemeel en kookolie, sê Bonakele.

Die kommissie het reeds aan al die groot handelaars geskryf en gevra dat enige buitensporige prysstygings deur verskaffers aangemeld moet word.

Die kommissie het nog geen kennisgewings van prysstygings van handelaars ontvang nie, maar wel van verbruikers.

Dit dui waarskynlik daarop dat die supermarkte die sondaars is wat pryse opstoot.

Die prys van witmielies het in die afgelope paar dae skerp gestyg, maar dit was weens ’n verhoogde vraag uit Zimbabwe. Dit het sedertdien weer gestabiliseer.

Volgens Bonakele sal die kommissie sy plig nakom en die regering adviseur as die markte nie behoorlik funksioneer nie. “As dit nie werk nie, sal dit regering verplig wees om verdere ingrypings instel.”

Daarom doen die kommissie ’n beroep op die hoofde van supermarkte en ander franchises om steeds hul samewerking te bied, en op verbruikers om onbillike prysverhogings aan te meld. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer