Protes teen NSFAF môre
Augetto Graig - Nanso en studenteleiers beplan om môre ’n tweede protesoptog teen die Nasionale Hulpfonds vir Studente (NSFAF) te hou.
Dít omdat die fonds nie alle studentefooie vir 2017 betaal het nie, omdat hulle hulself glo weerspreek en hul beloftes nie nakom nie.
“Hulle belowe om te betaal, maar sê dan daar is nie geld nie,” sê mnr. Wilbard Kangwiya, studenteleier by Triumphant College in die hoofstad.
Hy vra alle Namibiese studente om môre van 08:00 af van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust)-kampus af aan die optog na die NSFAF-kantoor deel te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie