Proteas en Zim by Hardap uitgedaag
Hengel
Die Namibiese Varswater Owerhengelvereniging is gereed vir die tweede helfte van sy internasionale kompetisieseisoen, met die senior mans-, vroue- en meesterspanne wat vir die komende week hul Suid-Afrikaanse ewekniee die stryd aansê.
Die toetse begin komende Sondag en duur tot Vrydag 22 September. Die vroue sal inderdaad vir Suid-Afrika sowel as Zimbabwe aanvat.
Die kompetisies vind by Hardapdam plaas en die wenners sal tydens die prysuitdeling aangekondig word.
Die drie plaaslike spanne bestaan uit die volgende persone:
Namibië vrouespan: Betsie Bergh, Lani Eastes, Carol Stinton, Nadia Steenkamp, Petro van Zyl. Die spanbestuurder is Paul Steyn.
Namibië senior manspan: Leon Diedericks, Wentzel Barnard, Gerhard van Niekerk, Jaco Kruger, Ronnie Meyer, Willem Heunis, Morne Prenn, Niel Brink. Die spanbestuurder is Johan Agenbach.
Namibië Federasie meesterspan: JD van Wyk, Andries Blaauw, Marco Weyers, Peet Grobler, Leon Bothma, Loandro Steenkamp, Jake Taljaard, Gerrie Engelbrecht. Die spanbestuurder is Pieter Scholtz.
• Die eerste helfte van die internasionale kompetisieseisoen wat in Augustus tussen die Junior en Presidentspanne afgeskop het, het vir Namibië baie goed afgeloop.
Die Namibiese junior span verras vriend en vyand en klop die gerekende Proteas oortuigend. Nie net tree die Namibiese juniors as kampioene uit die stryd nie, maar hulle het ook die meeste vis vir die eerste twee toetse uitgetrek.
Ook op individuele vlak behaal die plaaslike seuns die eerste en derde plekke. Baie geluk aan die twee junior hengelaars Eugene Grobler (algeheel eerste) van die Steenbras Hengelklub en Marsen von Lieres (algeheel derde) van Benguella Hengelklub.
Die uitstekende prestasies van die juniors hou groot belofte in vir die toekoms van die sport op ’n nasionale en internaeonale vlak en hoewel die Senior Federasiespan sowel as die Junior Federasiespan tweede viool moes speel, was die blootstelling en ontwikkeling nietemin goud werd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie