Promotor weeg Desert Storm se opsies
Die Namibiese vegter se eerste keuse bly ’n ontmoeting met Jessie Magdaleno.
Tielman van Lill – Sakarias (Desert Storm) Lukas van die African Connection-boksgimnasium sou op 14 Maart in New York teen die Amerikaner Jessie Magdaleno, ’n voormalige WBC-wêreldkampioen as superkapokgewig, in ’n veergewiggeveg deur die toue geklim het.
Weens die Covid-19-beperkings het die opwindende geveg deur die mat geval.
In stede hiervan is Magdaleno bestem om vroeg vanoggend (Namibiese tyd) in Las Vegas teen ’n plaasvervanger, Yenifel Vicente van die Dominikaanse Republiek, deur die toue te klim terwyl die reisverbod vir Sakaria in sy tuisland hou.
Die Desert Storm-kamp bly optimisties dat hy binne die volgende maande sy kans teen die Wêreldboksraad (WBC) se nommer een aanspraakmaker kan kry.
Top Rank Boxing as gevegknoper hoop om die geveg aan die einde van Junie of Augustus in Las Vegas aan te bied. Lukas sal glo einde vandeesmaand in Las Vegas land, maar die datum vir sy langverwagte geveg is nog nie vasgestel nie.
Vir Lukas was die onverwagte uitstel in Maart ’n geweldige teleurstelling, want hy sou die eerste Namibiër geword het wat by die beroemde Madison Square Garden sou veg.
Die 35-jarige Namibiër was reeds in New York en het saam met Magdaleno reeds hul inweegsessie afgehandel, voor die ganse byeenkoms op die laaste nippertjie gekanselleer is en hy onverrigter sake na Namibië moes terugkeer.
Intussen oorweeg Scott Farrell, promotor van Lukas, ook die aanbod van die Internasionale Boksfederasie (IBF) vir ’n uitdungeveg teen Ranfis Encarnacion op 17 Julie. Laasgenoemde van die Dominikaanse Republiek is onoorwonne (17-0, 13 uitklophoue).
Lukas (23-0, 16 uitklophoue) word deur die IBF as die vyfde aanspraakmaker op sy wêreldtitel gereken, terwyl Encarnacion aanspraakmaker nr. 7 is. Lukas word ook deur die Wêreldboksvereniging (WBA) hoog aangeskryf (sesde).
Indien die 28-jarige Magdaleno sy geveg teen Vicente beklink, sal hy moontlik sonder ’n uitdungeveg vir die WBC-wêreldgordel in die kryt kan klim.
Lukas kan ook iewers in die toekoms teen vanoggend se wenner tussen Magdaleno en Vicente deur die toue klim.
Lukas is egter agter Magdaleno se bloed aan, wat ’n rits groot boksname in die verlede geklop het. Só kan Lukas ook die elite kring betree.
Lukas sê: “Ek wil Magdaleno so gou as moontlik in die kryt ontmoet. Dit is my geveg en ek wil teen hom baklei. As ek moet, sal ek eers teen Encarnacion veg, maar Magdaleno gaan my nie ontglip nie. Ek wil Namibië se volgende wêreldkampioen word. Covid-19 het my kans ontneem om my debuutgeveg op Amerikaanse bodem te wen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie