'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

'n Bekende Windhoekse pastoor en sy medebeskuldigde wat in verband met renosterhoringsmokkelary Vrydag in die hof verskyn het, moes die naweek agter tralies bly.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni, moes die naweek agter tralies bly.

Hul saak in verband met die onwettige besit van twee renosterhorings en 'n vuurwapen en ammunisie sonder 'n lisensie is Vrydag in die Windhoek-landdroshof tot vandag vir hul borgtogaansoek uitgestel.

Hul regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het alles in sy vermoë gedoen om landdros Jo-Rina Jagger te oortuig om die beskuldigdes se formele borgtogaansoek so spoedig as moontlik te skeduleer, al is daar 'n agterstand in hofsake weens die Covid-19-pandemie.

Staatsaanklaer Rowan van Wyk het gesê hy gaan vandag borgtog hewig teenstaan.

Buite die hof het die pastoor se aanhangers gestaan wat weens die Covid-19-regulasies nie in die hofsaal toegelaat is nie en deur die venster na hul geliefde "profeet" se eerste hofverskyning moes kyk. Sommige vroue het gehuil.

"Al word hy in die hof skuldig bevind, net God kan hom skuldig bevind en veroordeel," het 'n vroulike gemeentelid aan Republikein gesê.

Babi was netjies geklee in 'n grys pak, swart hemp en duur swart skoene, maar het agter sy masker vir die media se kameras weggekruip. Dumeni het slonsig langs hom voorgekom in 'n swart sweetpakbroek, maroen sweetpaktop en plakkies met sokkies.

Babi en Dumeni is Woensdag in hegtenis geneem nadat die horings van 'n swartrenoster, 'n ongelisensieerde jaggeweer en ammunisie glo in die pastoor se huis in Kleine Kuppe in Windhoek gevind is.

Hulle is deel van agt verdagtes wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met renosterstropery, horingsmokkelary en die oortreding van die wet op vuurwapens.

Twee van die agt is glo onderskeidelik 'n polisiebeampte verbonde aan die eenheid vir die beskerming van baie belangrike persone (BBP) in Windhoek en 'n voormalige lid van die Namibiese weermag (NDF).

Die saak spruit uit twee swartrenosterkarkasse wat Dinsdag op 'n plaas in die Gobabis-distrik in die Omahekestreek deur twee plaaswerkers ontdek is.

Dinsdag is vier verdagtes op Otjiwarongo in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om twee horings aan 'n geheime polisiebeampte te verkoop.

Dié vier beskuldigdes het Donderdag in die streekhof op Otjiwarongo in camera verskyn en hul name mag nie gepubliseer word nie. Die saak is in 'n baie vroeë en sensitiewe stadium en nóg inhegtenisnemings kan volg, het die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda gesê.

Twee ander verdagtes sou ook Vrydag in die landdroshof op Gobabis verskyn het, maar volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het hulle nie verskyn nie.

Op die Facebook-blad van House of Joy Ministries word Babi as Daniël in die leeukuil beskryf.

"Bly bid vir ons vader en die kerk in hierdie tyd van beproewing. Weerhou julself daarvan om na onbevestigde bronne te luister. Shalom," was die inskrywing Vrydag ná die pastoor se hofverskyning.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%