Produsente wil Meatco-raad onwettig verklaar
Produsente is omgekrap oor hul nominasies vir Meatco-raadslede geïgnoreer is, en beweer die minister van landbou, water en bosbou het buite sy bevoegdheid opgetree met die aanstellings.
Elvira Hattingh - ’n Aansoek waarin vyf Meatco-produsente versoek dat die huidige Meatco-raad onwettig verklaar word, is verlede Woensdag in die hoërhof uitgestel.
Die applikante, mnre. Amon Ngavetene, Elia Kandjii en drie ander, vra dat ’n hofbevel uitgereik word vir die tersydestelling van die minister van landbou, water en bosbou se besluit om op 16 Februarie sekere lede tot die vleisverwerker se raad aan te stel.
Hul aansoek is in September verlede jaar by die hoërhof ingedien.
Volgens ’n beëdigde verklaring deur Ngavetene meen die applikante minister John Mutorwa se aanstelling van dr. Martha Namundjebo-Tilahun as voorsitter, en mnre. Ronald Kubas, Isreal Ngangane, Stephanus Oosthuizen, Mushokobanji Mwilima asook me. Sophia Kaseeta as direkteure, is teenstrydig met die Meatco-wet, die wet op openbare ondernemings, die Namibiese grondwet asook gemenereg.
ONGELUKKIG OOR AANSTELLING
“Ons het laat Februarie, begin Maart, van die minister se besluit gehoor en was baie ongelukkig hieroor.
“Ons het tydens ’n vergadering in Augustus 2016 spesifieke mense vir die Meatco-raad genomineer en die minister het die nominasies bloot geïgnoreer,” skryf Ngavetene in ’n beëdigde verklaring wat ook by die hof ingedien is.
Hy sê nadat die verlengde termyn van die raad in Januarie 2017 verstryk het, het die minister dit onwettig met ’n verdere ses maande probeer verleng, maar later ingestem dat die aksie nie wettig was nie en deur die hof ter syde gestel moet word.
“Daarna het hy egter die huidige raad aangestel - sonder om eers vir die hofbevel te wag waarin sy besluit oor die tydelike raad ter syde gestel moes word.
“Die hofbevel is eers op 15 Maart verlede jaar uitgereik. Hy moes daarvoor gewag het en dán ’n versoek aan die Meatco-raad se voorsitter gerig het dat ’n vergadering gehou word waartydens nominasies vir direkteure gemaak kan word.
“In plaas daarvan het hy self die huidige raad aangestel en gesê hy tree volgens afdeling 5(4) van die Meatco-wet op,” het Ngavetene geskryf.
“Lede van die Namibiese Nasionale Unie vir Kommunale Boere (NNFU) het tydens ’n vergadering in Maart verlede jaar hul ongelukkigheid hieroor teenoor die minister uitgespreek, maar hy het niks gedoen om dit reg te stel nie.
“As Meatco-lede is ons huiwerig om in ’n regsgeding met ons eie korporasie betrokke te raak. Dit is 'n ongesonde situasie dat lede in konflik met hul direkteure staan, want ons maak op Meatco staat om ons vee te bemark en te verkoop.
“Dit is nie goed vir besigheid nie en ons sou nie hiermee voortgegaan het as dit nie absoluut noodsaaklik was nie,” het hy verklaar.
INTERNE POGINGS
Ngavetene sê verder dat hulle probeer het om die kwessie intern op te los deur ’n mosie na die jaarvergadering in Junie verlede jaar te bring dat die huidige Meatco-raad onwettig is, geen gesag het nie en ook moet bedank.
“Die direkteure wou nie die saak tydens die jaarvergadering bespreek nie en daar is besluit dat ’n vergadering hieroor binne 21 dae gehou sou word, waartydens daar na die wettigheid van die raad gekyk sal word.
“Minder as ’n dag voor laasgenoemde vergadering het Meatco egter ’n persverklaring uitgereik waarin gesê is die vergadering kan nie plaasvind nie omdat daar nie gehoor gegee is aan sekere Meatco-wette nie.
“Volgens die voorsitter moes daar ’n geskrewe versoek deur minstens 50 lede vir so 'n vergadering wees.”
Ngavetene sê die voorsitter se redes was slegs ’n taktiek om die kwessie te vermy, want volgens hom is die vergadering deur ’n resolusie tydens die jaarvergadering geskeduleer terwyl meer as 90 lede teenwoordig was.
“Hierdie was duidelik ’n poging deur die voorsitter asook die raad om te keer dat die wettigheid van hul aanstelling bespreek word.
“Verder het sy gesê die lede het nie die mag om te besluit of die raad se aanstelling geldig is nie, en dat so iets slegs deur ’n hof beslis kan word,” het Ngavetene geskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie