• Tuisblad
  • Sake
  • Produkte ewe uniek as Namibiërs en die land

Produkte ewe uniek as Namibiërs en die land

’n Pa en seun van Tsumeb gebruik inheemse Namibiese plante, kruie, bessies en neute.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Ons lewer ’n Namibiese produk wat met Namibiese harte en hande gemaak is en dit hoef vir geen ander produk terug te staan nie. Dis uniek, met ’n uniek Namibiese smaak so uniek soos Namibiërs self.”

So sê Werner Kirsten van die KI Distillery in Tsumeb. Sowat drie jaar terug het hy en sy seun Gerhard met die toetsfase vir hul groot verskeidenheid produkte begin.

“Ons is nou al ’n jaar lank op verskeie drankwinkels se rakke en ons het ’n groot verskeidenheid produkte. Ons maak onder meer die Bush Still reeks, ’n enkelmout whiskey, brandewyn, gin, tequlia en ’n spicey rum. Ons maak ook die Bevok-brandewyn en die Passionfruit ‘Pitte kou’ is die eerste produk in ons Kirsten Liquers reeks,” het Gerhard gesê.

BEGINDAE

Die nuuskierigheid en belangstelling in die distilleringsproses het al vroeg by Werner begin.

“Ek het in die vroeë 1990’s ’n ou stoompot gevat wat nie meer wou werk nie en met koperpype in ’n klein stookketel begin om mampoer en witblits vir my private gebruik te stook. Later het ek ’n koper gedeelte van ’n ou geiser gebruik om ’n groter stookketel te maak. Ek het begin om vrugte by die mampoer te voeg om dit ’n geur te gee en later het ek ’n bietjie meer gesofistikeerd begin raak en ek het whiskey en brandewyn begin maak. Dit het absoluut as ’n stokperdjie begin.”

In September 2020 het Werner weens Covid-19 sy werk verloor en moes hy iets anders vind hom hom besig te hou.

“Ek was jare lank in die mynboubedryf wat weens Covid-19 grotendeels tot stilstand gebring is; die maatskappy vir wie ek gewerk het, het sy deure hier in Namibië gesluit. Ek het my skeidingspakket gevat en KI Distillery saam met Gerhard en dr. Phillip Itembu begin.”

Werner is die hoofaandeelhouer, met Gerhard, Phillip en Marizann van Niekerk as medeaandeelhouers.

Gerhard wou sy eie brouery begin en het reeds beleggers genader wat van die konsep gehou het. Dit was terwyl Covid-19 reeds in ander wêrelddele voorgekom het en die beleggers het besluit om eers te wag vanweë die wêreldwye onsekerheid oor die dreigende pandemie.

“Ek, my pa en Phillip het een aand gesit en gesels en besluit om die besigheid op ons eie te begin. Ons het besluit om met die Bush Still reeks te begin omdat dit makliker sal wees om in die mark in te kom en omdat my pa reeds kennis het. Die bier sal hopelik volgende jaar op die rakke wees,” het Gerhard gesê.

PRODUKTE

“Ons is ’n kommersiële distilleerdery. Daar was al mense wat brandewyn of jenewer gemaak het, maar ons maak ’n hele reeks van verskeie produkte. Al ons produkte word van Namibiese plante, kruie, spanspekke, neute, vrugte en bessies gemaak,” het Gerhard gesê.

Die tequila word volgens ’n ou Mexikaanse resep gemaak, maar pleks van die blou agawe gebruik hulle Namibiese aalwyne. Die Ombike Gin is ’n erg Namibiese jenewer wat al honderde jare deur die Oshiwanbo as ’n tradisionele drank gebrou word.

“Oor die hele Namibië is daar talle tradisionele dranke wat verskillende groepe mense vir hulself stook. Ombike is een van hulle; ons het Ombike verfyn in ons Ombike Gin. Dit word van hoofsaaklik van die makalanipalm se neut gemaak waar ander inheemse bessies en kruie bygevoeg word.”

“Ons het onlangs met die Kirsten Liquer reeks begin waarin ons tans nog net een produk het. Dis die Passionfruit ‘Pitte kou’; die rede vir die dubbelnaam is die grenadella waarvan dit gemaak is en die pitte kou is ’n alom bekende baie ou naam en drank. Ons het dit bloot gevat en ons eie smaak gegee,” sê Gerhard.

“Al ons produkte is organies. Ons voeg geen chemikalieë, geurmiddels, smaakversterkers of stabiliseerders by nie. Ons produkte smaak anders as byvoorbeeld ander brandewyne; omdat niks bygevoeg word nie, is al ons produkte uniek. Jy moet die geskiedenis in ons produkte kan proe. Hulle smaak nog dieselfde as 100 jaar gelede,” sê Werner.

Die inheemse plante, kruie en ander bestanddele koop hulle van die Oshiwambo en San gemeenskappe wat daardeur ’n inkomste verdien.

“Ons koop dit by die inheemse mense, omdat hulle die plante ken. Die makalani en maroela koop ons by die vroue in die Noorde. Die tsamas en ander kruie koop ons van die San. Van die kruie pluk ons self, maar ons ondersteun hoofsaaklik plaaslike gemeenskappe,” het Gerhard gesê.

BRANDEWYN

Hulle het op die naam Bush Still besluit, omdat hulle ’n distillery in die bos is en Bevok brandewyn ... wel, dis ook nie wat mense dink nie.

“Ons het nie die naam gekies om mense kwaad te maak, of om te vloek of kras taal te gebruik nie. Op elke bottel staan Oshiri Nawa, Nxa, Lekker en Bevok en dis die idee daaragter. Die brandewyn proe so lekker, so ongelooflik, so ontsagwekkend soos ons in Namibië sou sê dit proe bevok lekker,” sê Gerhard.

Die grondslag van beide die Bush Still- en Bevok brandewyne is ’n ou resep wat al verskeie generasies in die familie is.

Volgens Gerhard is die Bevok brandewyn meer op die jonger geslaag gerig.

“Die verskil tussen die twee brandewyne is die veroudering. Die Bevok verouder bietjie langer in die Franse eikehout, wat hom ’n donkerder kleur en ’n meer rokerige smaak gee. Omdat dit in ’n donkerder eikehout verouder, is het hy ’n effens soeter smaak met onderliggende karamelnote op die palet waar die Bush Still meer die tipiese rou tradisionele brandewynsmaak het,” sê Gerhard.

Volgens hom is mense onder die indruk dat brandewyn deur die Franse of Nederlanders gemaak is, wat gedeeltelik reg is, maar die brandewyn van vandag kom van Suid-Afrika en is ’n tradisionele drank van die Afrikaners.

“Die Franse en Nederlanders het jare terug wyn in vate met hul skepe na Suid-Afrika gebring. Die wyn het egter vrot geraak en hulle het agtergekom as hulle die wyn verhit, hou dit langer. Die Nederlanders het dit brandewjin of gebrande wyn genoem.”

Die eerste brandewyn wat in Suid-Afrika gemaak is, is in 1672 op die skip De Pijl in die Tafelberghawe gedistilleer. Die assistentkok kon 126 liter brandewyn van 1 164 liter Kaapse wyn maak.

“Brandewyn is deel van die Afrikaner-kultuur.”

NUWE PRODUK

“Ons is reeds besig met ’n nuwe jenewer waarop ons baie trots is – Bushmen’s Secrets. Dit verskil nie net in smaak en kleur nie, maar is ook driedubbeld gedistilleer. Ons gebruik net die premium gedeelte van die jenewer wanneer dit gedistilleer word en distilleer dit weer, dan vat ons weer net die premium deel vir distillering. Dié proses maak die eindproduk besonder glad op die verhemelte,” sê Werner.

Gerhard sê: “Vir sy baie unieke en besonderse smaak gebruik ons kruie wat al jare lank deur die San gemeenskappe gebruik word. In die jenewer is byvoorbeeld die krui, klipdagga, wat deur die San en Khoisan gebruik is, asook die wilde-als (Artemisia afra) en die tsama. Dus is sy naam Bushmen’s Secrets, want daar is ook nog ander kruie wat die San al jare lank vir verskillende redes gebruik in.

“Die kennis oor ons inheemse plante en kruie wat ons inheemse mense het, is in die maak van ons produkte baie belangrik. Dié kennis help ons geweldig baie.

“Ook die toets en proe van al ons produkte voor hulle op die rakke is, is ontsettend belangrik. Dis nie noodwendig so dat al die kruie, bessie en plante saam werk nie. Dit moet geproe word en dan moet die resep verander en aangepas word totdat jy die smaak het wat werk.”

Werner sê: “In die toetsfase en nou nog wanneer ons ’n nuwe produk wil maak, het ons alkohol gevat en dan die verskillende bestanddele geweeg en bygevoeg. Dan laat ons dit staan sodat dit kan verouder en die geur kry. Ná ’n paar maande word dit getoets, geproe en aangepas totdat dit reg is. Dis ook nie net ek, Gerhard, die aandeelhouers en familie wat proe nie; ons gee dit vir groepe mense van alle ouderdomme, geslagte, kleure en geure om te proe, wat dit is ’n produk vir alle Namibiërs.

Op die oomblik produseer KI Distillery gemiddeld tussen 1 500 en 1 800 bottels van hul produkte. Hulle produseer ook die Namitiser – ’n organiese handreiniger gemaak van hul ongebruikte alkohol.

“Ons gooi niks weg nie; ons gebruik alles. Ek daag elke Namibiër uit: koop ons produkte en geniet hulle, want dis vir julle gemaak.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 344.09/OZ UP +0.24% | Copper US$ 4.81/lb UP +1.30% | Zinc US$ 3 002.40/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.79/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 1 011.62/OZ UP +1.02% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.41 | USD to ZMW 25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 344.09/OZ UP +0.24% | Copper US$ 4.81/lb UP +1.30% | Zinc US$ 3 002.40/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 83.79/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 1 011.62/OZ UP +1.02%