Pro14 sal nie bloot kan hervat
Rugby
Michael Green - Dit gaan nie sommer net 'n kwessie wees van die Pro14-reeks wat eenvoudig hervat word wanneer die Covid-19 pandemie eindelik onder beheer is nie, sê Charl Crous, Pro14 se bedryfshoof.
“Ons (die hoofrolspelers) werk al 'n geruime tyd aan 'n verskeidenheid opsies na aanleiding van talle dinge,” verduidelik Crous vanuit Dublin in Ierland waar hy deesdae woon.
“Daar is dinge wat in gedagte gehou moet word, soos wanneer ons weer gaan begin speel indien reisbeperkings en die verskillende regerings se regulasies opgehef is.”
Crous wonder hoeveel weke daar in die jaar oor gaan wees en hoeveel rondes dan nog in die huidige seisoen gespeel sal kan word.
Hy sê daar moet in ag geneem word dat van die spanne in die Pro14-reeks ook in ander reekse, soos die Europese Kampioenebeker- en die Europese Uitdaagbeker-reekse, speel.
“Daar's daardie wedstryde wat nog gespeel moet word. Dit (die afstel van die wedstryde) het 'n impak op die Franse Top 14, die Engelse Premierliga en die Sesnasies-reeks. Dan sit jy ook nog met Julie se internasionale wedstryde en nog ander toetse wat moet plaasvind,” sê Crous.
“'n Mens moet kyk hoe pas al hierdie naweke van die verskillende ligas by mekaar in. Jy moet saamwerk om die beste oplossing vir die res van die jaar en ook volgende jaar te probeer vind. Ons 2020-'21 Pro14-seisoen begin reeds weer in September, so alles skuif aan.”
Crous wys ook daarop dat die spelers se fiksheid en voorbereiding in ag geneem moet word wanneer die nuwe bepalings uitgewerk word.
“Jou spelers het 'n sekere tyd nodig om reg te kom vir hul wedstryde. Wel, hulle het nou 'n pouse, maar hulle sal eers weer 'n tyd moet oefen om vir wedstryde voor te berei,” sê hy.
“Dan is daar ook nog die gesprekvoering met die uitsaaiers wat bitter belangrik is. Alles moet in ag geneem word.”
Crous waarsku dat hy nie dink daar gaan 'n ideale oplossing wees nie.
“Iewers sal iemand 'n kompromie moet maak sodat ons 'n uitvoerbare oplossing kan vind,” sê hy.
Die Pro14-reeks was een van die eerste sportreekse wat sy wedstryde gestaak het toe Covid-19 amok begin maak het.
“Die eerste keer toe korona (die onderwerp) oor my lessenaar gekom het, was seker so sewe weke gelede,” sê Crous.
“Ons het toe dadelik begin om planne te maak oor hoe ons die situasie sou benader indien dit erger word. Min het ons besef ons sou vandag wees waar ons is met alle sport wat wêreldwyd gestaak is en die Olimpiese Spele wat uitgestel is.”– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie