Private hospitaal se personeel toets negatief vir Covid-19
Die laaste van gesondheidspersoneel wat as ’n kontak van geval 22 identifiseer is, het negatief vir Covid-19 getoets en is uit kwarantyn ontslaan. Geval 22, ’n 63-jarige man, is tans in die intensiewesorgeenheid van die Welwitschia private hospitaal in Walvisbaai waar hy goeie vordering maak.
Volgens die hospitaal se uitvoerende hoof mnr. Matthias Braune is die man steeds op meganiese ventilasie, maar is hy by sy volle bewussyn. Danksy ’n selfoon wat deur vriende geskenk is, kan hy nou ook met nabye familie kommunikeer.
Braune sê elke werknemer van die hospitaal wat as ’n kontak identifiseer is, is onmiddellik in kwarantyn geplaas. Dit sluit 12 verpleegsters, sewe gesondheidswerkers, twee radiografiste, een portier, drie skoonmakers en een spysenier in. Volgens hom het elkeen twee keer negatief vir Covid-19 getoets.
Geval 26, die hospitaal se finansiële bestuurder, is volgens Braune in isolasie met ligte verkouesimptome. Sy gesin is ook in kwarantyn en hul eerste toetse vir Covid-19 was negatief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie