Pritzen oordonder Tour de Windhoek

Die gesogte toer van nagenoeg 340 km is deur 'n gebore Namibiër uit die buurland ingepalm.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Marc Pritzen, die gebore Windhoeker en tans Suid-Afrika se o.23-padfietskampioen, het sy staal gewys toe hy gister sy eerste triomf in die 2019 Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek beklink het, wat opnuut deur die kragtige professionele jaers en spanne uit die buurland oorheers is.

Die 20-jarige ryer van Kemptonpark, in samewerking met sy spanmaats van die OfficeGuru-span, het vanuit die staanspoor met die geeltrui gedomineer om die jaarlikse elite fietstoer in en om Windhoek te wen.

Pritzen se vooruitsigte om die toer te wen, het verder verbeter toe sy vernaamste uitdager en verdedigende kampioen, Nolan Hoffman, geval het en hom uit die toer moes onttrek.

Uiteindelik was Pritzen nie net die toerwenner nie, maar het ook met die algehele wit trui (beste o.23-ryer) en die groen trui (beste naelryer) weggestap. David Maree was koning van die bergskofte (polkatrui), terwyl Ingram Cuff die rooi trui as die beste Namibiese jaer verseker het, met sy algehele elfde eindposisie.

Die toer het uit vyf skofte in drie dae bestaan. Die opwindende kermesse Saterdagnamiddag in die middestad is die enigste skof waarin die vroue nie betrokke was nie.

Michelle Vorster se oorwinning in die vrouetoer was nie onverwags nie, maar was nietemin 'n waardevolle mylpaal op haar herstelpad na volle selfvertroue, nadat sy vroeër vanjaar deur 'n motoris raakgery is en in haar opbou na volgende jaar se Olimpiese Spele.

Haar Suid-Afrikaanse spanmaat vir Pupkewitz Megabuild, Danielle Strydom, het die beste in die bergskofte gevaar, met Courtney Smith (CustomisedCycling Bioplus) loshande die beste naelryer.

“Die Tour de Windhoek is ontsettend belangrik om die standaard van ons padfietsry hoog te hou en op te hef. Die spanwerk en taktiek was insiggewend en dit was ook 'n tree vorentoe vir die toer dat ons ses spanne in die vrouekompetisie kon hê,” het mnr. Rolf Adrian tydens die prysoorhandiging namens die Namibiese Fietsryfederasie gesê.



VRYDAG

Die toer het Vrydagoggend oos van Windhoek by die Dordabispad begin, waar Pritzen die eerste skof van 107 kilometer in 2 ure 36 minute 38 sekondes gewen het.

Pritzen het die krane na die eindstreep oopgedraai om David Maree (Enza/PBC, tweede) en Louis Visser (TEG Procycling) in dieselfde tyd te klop. Chris Jooste (ACDC) was in 2:36:43 vierde, met Dylan Girdlestone (OfficeGuru Racing) in 2:36:47 vyfde.

In die vroueresies van 66 km het Michelle Vorster (Pupkewitz Megabuild) in 2:05:21 geseëvier, met Courtney Smith (CustomizedCycling Bioplus) tweede in 2:05:58. Derde was Danielle Strydom (Pupkewitz Megabuild) 2:05:59, vierde Genevieve Weber (FLM Ladies) 2:05:59 en Michelle Döman (FLM Ladies) vyfde in 2:06:02.

• Vrydagnamiddag is 'n spantydtoets by die Tony Rust-renbaan afgeblits, waar Pritzen en sy span met die louere oor 15.6 km weggestap het. Die TEG Pro-span was tweede en Luso AC/DC derde.

By die skoner geslag het Food Lovers Market (19:45) daarin geslaag om Pupkewitz Megabuild (20:03) en Lumber City (20:51) oor die 10.6 km te klop.

Ná die eerste twee skofte was die manspanne se stand soos volg: 1 Luso AC/DC (8:15:10), 2 OfficeGuru Racing (8:15:28), 3 TEG Pro Cycling (8:32:33).

Vroue: 1 Pupkewitz Megabuild (6:37:30), 2 FLM Ladies (6:46:07), 3 Hollard myLife (6:48:31).



SATERDAG

Die derde skof oor 90 km op die westelike verbypad het aan Louis Visser behoort, met Marc Pritzen as draer van die geel trui tweede en Dylan Girdlestone derde.

Ná die skof het Pritzen steeds die toer se voorloper gebly, met Visser tweede en David Maree derde.

By die vroue (66 km) was Genevieve Weber en Michelle Döman onderskeidelik tweede en derde teen die jong Suid-Afrikaner Courtney Smith.

Michelle Vorster het steeds die geel trui behou, met Smith tweede en Weber derde.

Die eerste vyf ryers se tye vir die derde skof: 1 Louis Visser (TEG Pro Cycling) 2:06:34, 2 Marc Pritzen (OfficeGuru Racing) 2:06:34, 3 Dylan Girdlestone (OfficeGuru) 2:06:39, 4 Travis Stedman (Pro Touch SpiderTech) 2:06:39, 5 Chris Jooste (Luso AC/DC) 2:06:39.

Vroue: 1 Courtney Smith (Customized Cycling-Bioplus) 2:01:53, 2 Genevieve Weber (FLM Ladies) 2:01:53, 3 Michelle Döman (FLM Ladies) 2:01:54, 4 Michelle Vorster (Pupkewitz Megabuild) 2:01:54, 5 Irene Steyn (Hollard myLife) 2:01:54.

• Skof nommer vyf, die kermesse van 1.7 km per rondte, het by Pupkewitz MegaBuild weggespring en by die Snymansirkel gedraai waarna die ryers die speke na die duikweg laat sing het om weer links vir die volgende rondte by Pupkewitz te draai.

Die OfficeGuru-span van Pritzen het goed saamgewerk terwyl hy agter in die bondel kon sit om sy bene te spaar terwyl sy spanmaats die pas gejaag het. Nolan Hoffman, wenner van 2018, het die sneltrein van jaers eerste oor die eindstreep gelei.



GISTER

Pritzen palm ook die laaste skof oor 80 km in om sy eerste triomf in die 2019 Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek te konsolideer.

Visser eindig tweede in die laaste skof met Maree derde. Michelle Vorster eindig eerste met Risa Dreyer tweede en Courtney Smith derde in die laaste skof oor 53 km.

Die tye vir die topvyf ryers in die laaste skof: 1 Marc Pritzen 1:51:02, 2 Louis Visser 1:52:53, 3 David Maree 1:52:53, 4 Chris Jooste 1:52:53, 5 Dylan Girdlestone 1:52:53.

Vroue: 1 Michelle Vorster 1:35:04, 2 Danielle Strydom (Pupkewitz Megabuild) 1:35:52, 3 Risa Dreyer (Delush) 1:36:39, 4 Courteney Webb (Pupkewitz Megabuild) 1:37:53, 5 Courtney Smith (CustomizedCycling Bioplus) 1:37:57.

Die individuele mansryers se finale stand ná afloop van die toer: 1 Marc Pritzen (OfficeGuru) 6:34:14, 2 Louis Visser (TEG Pro Cycling) 6:36:05, 3 David Maree (Team Enza/PBC) 6:36:09, 4 Chris Jooste (Luso AC/DC) 6:36:14, 5 Dylan Girdlestone (OfficeGuru) 6:36:18.

Die vroue se finale stand: 1 Michelle Vorster (Pupkewitz Megabuild) 5:42:18, 2 Risa Dreyer (Delush) 5:44:46, 3 Courtney Smith (Customized Cycling-Bioplus) 5:45:47, 4 Genevieve Weber (FLM Ladies) 5:45:49, 5 Courteney Webb (Pupkewitz Megabuild) 5:46:02, 6 Irene Steyn (Hollard myLife) 5:46:04, 7 Michelle Döman (FLM Ladies) 5:46:12, 8 Danielle Strydom (Pupkewitz Megabuild) 5:49:56, 9 Antja du Toit (Lumber City Ladies) 5:51:52, 10 Anneke Steenkamp (Hollard myLife) 5:52:29.

Sestien manspanne en ses vrouespanne het aan die toer deelgeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%