Primêre Skool Etunda kry sement van Ohorongo
Ohorongo Cement het onlangs sowat 720 sakke sement aan die Primêre Skool Etunda naby Otavi geskenk.
Ohorongo het in Mei vanjaar belowe om die sement aan oudpres. Sam Nujoma, op wie se plaas die skool geleë is, te skenk.
Me. Esther Mbathera, Ohorongo se woordvoerder, het die skenking aan die voormalige president op die plaas oorhandig.
Nujoma het die maatskappy vir die nakoming van hul belofte bedank.
Die sement sal gebruik word vir die oprigting van 'n skoolkoshuis by Farm Etunda om leerlinge te huisves wie se ouers op nabygeleë plase werk.
Tydens die oorhandiging het Nujoma gesê hy wil hê die skool en die koshuis moet so gou moontlik funksioneer.
Die oudpresident het in 2013 'n stuk grond op sy eie plaas vir die oprigting van 'n laerskool en 'n kliniek geskenk.
Die skool sal hoofsaaklik voorsiening maak vir die plaaswerkers se kinders, terwyl die kliniek dienste aan die gemeenskap sal lewer.
Dit sal ook help met die behandeling van slagoffers wat in ongelukke op die B1-pad tussen Otavi en Otjiwarongo betrokke is.
Op 13 Mei vanjaar het Nujoma die volledig toegeruste kliniek aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig.
Farm Etunda is 30 km suid van Otavi in die Otjozondjupastreek geleë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie