Primu00eare gesondheidsorg bevorder
Primu00eare gesondheidsorg bevorder

Primêre gesondheidsorg bevorder

Henriette Lamprecht
Die Mister Sister-mobiele klinieke wat deur die Omnicare Trust bestuur word, het die Goreangab-sokkerveld tot hul lys van persele gevoeg vanwaar hulle primêre gesondheidsorg aan omliggende inwoners bied.

Volgens me. Frida Muteka, bedryfsdirekteur, het 'n totaal van 833 pasiënte die Mister Sister-mobiele klinieke in Oktober besoek. Hiervan is sewe pasiënte by maatskappye gesien, terwyl die oorblywende 826 pasiënte uit die informele nedersetting was. 'n Totaal van 260 pasiënte is deur die geregistreerde verpleegster by die mobiele kliniek gesien wat 31% van die totale getal verteenwoordig.

Die mobiele klinieke wat gesondheidsorg tot op inwoners se voorstoep bring, was veral bedrywig tydens die piektydperk van die Covid-19-pandemie in die land, omdat inwoners nie ver vir gesondheidsdienste hoef te reis en hulself sodoende aan oordrag blootstel nie.

Kommentaar

Republikein 2026-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer