Prettige-Paella
Redaksie
Daar is verskeie weergawes en variasies van Paella. Daar is eintlik geen reëls as dit by Paella kom nie. Gaan met gevoel en pas die resep na jou smaak aan en gebruik seekos, wors of groente. Enigiets waarvan jy hou. Paella is maklik om voor te berei en meeste smaakkliere vind aanklank by hom. Lekker eet!
Bestanddele:
1 liter hoenderaftreksel;
Paar saffraandraadjies of 5 ml borrie;
45 ml olie1 ui, grof gekap;
2 knoffelhuisies, grof gekap;
1 groen soetrissie, gekap;
4 hoenderborsies of 6 hoenderdye, sonder vel of been;
500 ml witrys;
1 x 410 g-blik gekapte tamaties;
10 ml gerookte paprika;
1 groot stokvisfilet, in blokkies gesny;
500 ml gemengde seekos, ontdooi;
250 ml bevrore ertjies;
Sout, vars gemaalde swartpeper en vars suurlemoensap na smaak;
Vars pietersielie, gekap
Metode:
Meng die aftreksel met die saffraandraadjies of borrie en hou eenkant warm. Verhit die olie in ’n groot platboompan en braai die ui, knoffel en soetrissie tot geurig. Voeg die hoender by en braai tot bruin. Voeg die rys, tamaties, aftreksel en paprika by, meng liggies en verhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 20 minute of tot die rys amper gaar is.
Pak die vis en seekosmengsel bo-op die gereg en geur mildelik met sout, peper en vars suurlemoensap. Bedek weer en prut vir vyf minute, voeg die ertjies by, bedek en prut vir nog 5 minute tot 7 minute tot die vis en seekos gaar is. as die paella baie souserig is, kook dit vir ’n paar minute vinnig af sonder die deksel. Sprinkel vars pietersielie oor en sit voor. Lewer ses tot agt porsies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie